Ek was nog nooit die beplanner-kind nie, maar noudat ek klaar is met die dinge van 'n kind blyk dit nogal 'n noodsaaklike karaktereienskap te wees. Dis nou nie dat ek dit voorheen breed gehad het nie, maar die nuwe verantwoordelikhede en die wil om soos 'n kuiken op sy eie te vlieg maak dat dinge nogal noustrop gaan.
So het ek toe vandag my eerste regte-egte begroting opgestel met al die klein dingetjies in en so het ek ook vandag die eerste item op die begroting geblaas. Darem net met R18.50. Dis nou vir die vliegkaartjies Kaap toe om my graad te ontvang. Ek redeneer ook so: ek het juis ook oorgegaan op die begroting van 5 jaar op die graad, so R18.50 is nie so erg nie...dis vir die ekstra jaar.
Ek kan doen met raad oor hierdie begrotingsprobleem en moenie vir my met 'n 5-punt plan na sukses probeer beindruk nie. Dit sal nie vir my werk nie. Verduidelik die proses aan my en ook die uitwerking wat 'n verkeerde besluit kan hĂȘ. Of gee praktiese raad oor waar om te sny. Dis seker net logies dat mens die maklikste op kos kan spaar deur dit self te maak en nie te gaan vir Woolies se maklike opsie reeds voorbereide kos nie.
Ek is nou oppad om te gaan oorspandeer op die tekkie-begroting, maar wraggies, daar was ek weer bietjie oningelig oor wat die pryse van tekkies nou eintlik is. Ek sal moet seker maak dat my volgende paar tekkies nie potensiaal het vir skeer by die kleintoontjies nie. Dan sal ek dalk nie gou weer hoef te begroot vir 'n nuwe paar nie.
Fliek op Woensdagaande teen halfprys. Kry pamflette van al die supermarkte om spesiale aanbiedings uit te snuffel. Leer ken jou pryse. Vergelyk pryse. Prioritiseer. Moenie te veel kontant op jou dra nie. Moenie 'n kredietkaart kry nie. Gaan op "Double points day" na Clicks. Koop grootmaat, maar maak seker. Vat jou sakrekenaar saam. Eet minder. Dink meer. Bly nederig. Beplan. Rantsoeneer. Vergeet van DSTV. Sterkte!
Leer ken die eetplekke naby jou se specials, of gaan eet ander mense se kos ;) 'n Kredietkaart is nie so sleg nie, jy moet hom net reg gerbuik. Al my onvoorsiene uitgawes, soos bande wat voor hul tyd vervang moet word, sit ek op die kredietkaart. Dan word daardie prys by die volgende maand se begroting ingereken.
ReplyDelete