Beautiful Boklammetjie

Beautiful Boklammetjie

Monday, 28 February 2011

Om "streetwise" te raak

Almal doen soms dom dinge. Reg? Wel, ek doen baie. Soos nou die dag toe ek laat was vir my afspraak met een van ons kliënte en die advokaat. Ek het al daar van Duncan straat af besef ek gaan laat wees en dat ek iewers 'n plan sal moet maak. Die plan wat ek toe bedink terwyl die minute omtik, is om in 'n vroeër straat af te draai as gewoonlik, want in my kop het dit net vir my korter gevoel.

Mense van eine kleine dorpies moet liewer nie sulke planne maak nie. Daar beland ek in die Kerkplein en dit sou 'n ewigheid neem om heeltemal om die plein te ry en om die blok, want die plek is mos besaai met eenrigtingstrate. Tot my redding kom daar 'n karwag en beduie-vra of ek parkering soek.

Ja, jy weet mos, as iets te goed klink om waar te wees, dan is dit waarskynlik nie waar nie. Die man hardloop voor my uit en wys ek moet op 'n rooi streep stop. Natuurlik sê ek vir hom dis 'n geen-parkering area, maar hy sê nee, die saak is reg. Ek moet net vir hom geld gee. Ag, aarde. Ek het nie kleingeld nie, maar 'n R50 en die karwag raak diep geïnteresseerd in my situasie. Duidelik staan dit ook op my gesig dat ek bitter haastig is na een of ander plek. Op my vraag of hy kleingeld het, verseker hy my hulle sal kleingeld bymekaar maak en vir my gee as ek terugkom. Soos die twyfel in my opbou, bou daar ook 'n irriterende verantwoordelikheidsin in my en beelde van kwaai advokate en sielsongelukkige kliënte laat my die geleentheidskoste raaksien. R50 vs 'n baie ongelukkige situasie. Die man het teen hierdie tyd ook 'n makker bygekry wat sy sny van die R50 koek wil hê. "Trust ons!". Ja, reg, ek vertrou julle glad nie, maar ek moet hol!

Nadat die kliënt skoon vergeet het van ons afspraak en die advokaat in elk geval ook laat was, kom ek met baie hoop in my oë terug by my onwettig geparkeerde werksmotor. My betroubare vriende kom wraggies daar aan en...uhm, ja, die polisie wou my motor wegsleep! Maar my vriende het hulle gekeer en met my R50 omgekoop om dit nie te doen nie. Hmm, baie getrou aan hul woord. Sien, en jy het nou 'n kaartjie gekry, want die lisensie is ook nie reg nie. TWAK! My baas sal nie dat dit gebeur nie. Met elke greintjie waardigheid wat ek oor het, vat ek maar die kaartjie en sit hom in die motor. Maar my vriende wil nou nog geld hê, want hulle het my mos nou darem 'n groot guns bewys. Hulle het vir die polisie gesê hulle kan nie die motor vat nie. Die madam is by die hof! Sy was haastig! Uh, ja, hulle het nie nog geld gekry nie. Ek het baie mooi verduidelik dat dit hulle skuld is dat die R50 weg is en dat ek, duidelik, een van die volgende maande armoedig gaan wees oor ek my eerste verkeerskaartjie gaan moet betaal!

Ek deel egter die skuld as volg toe: 50% vir oorhaastigheid, 20% vir dom kortpad-besluite, 20% vir naïwiteit en 10% vir plein stupidgeit!

Failing to plan

Ek was nog nooit die beplanner-kind nie, maar noudat ek klaar is met die dinge van 'n kind blyk dit nogal 'n noodsaaklike karaktereienskap te wees.  Dis nou nie dat ek dit voorheen breed gehad het nie, maar die nuwe verantwoordelikhede en die wil om soos 'n kuiken op sy eie te vlieg maak dat dinge nogal noustrop gaan. 

So het ek toe vandag my eerste regte-egte begroting opgestel met al die klein dingetjies in en so het ek ook vandag die eerste item op die begroting geblaas.  Darem net met R18.50.  Dis nou vir die vliegkaartjies Kaap toe om my graad te ontvang.  Ek redeneer ook so:  ek het juis ook oorgegaan op die begroting van 5 jaar op die graad, so R18.50 is nie so erg nie...dis vir die ekstra jaar.

Ek kan doen met raad oor hierdie begrotingsprobleem en moenie vir my met 'n 5-punt plan na sukses probeer beindruk nie.  Dit sal nie vir my werk nie.  Verduidelik die proses aan my en ook die uitwerking wat 'n verkeerde besluit kan hê.  Of gee praktiese raad oor waar om te sny.  Dis seker net logies dat mens die maklikste op kos kan spaar deur dit self te maak en nie te gaan vir Woolies se maklike opsie reeds voorbereide kos nie. 

Ek is nou oppad om te gaan oorspandeer op die tekkie-begroting, maar wraggies, daar was ek weer bietjie oningelig oor wat die pryse van tekkies nou eintlik is.  Ek sal moet seker maak dat my volgende paar tekkies nie potensiaal het vir skeer by die kleintoontjies nie.  Dan sal ek dalk nie gou weer hoef te begroot vir 'n nuwe paar nie. 

Fliek op Woensdagaande teen halfprys.  Kry pamflette van al die supermarkte om spesiale aanbiedings uit te snuffel.  Leer ken jou pryse.  Vergelyk pryse.  Prioritiseer.  Moenie te veel kontant op jou dra nie.  Moenie 'n kredietkaart kry nie.  Gaan op "Double points day" na Clicks.  Koop grootmaat, maar maak seker.  Vat jou sakrekenaar saam.  Eet minder.  Dink meer.  Bly nederig.  Beplan.  Rantsoeneer.  Vergeet van DSTV.  Sterkte!

Sunday, 27 February 2011

Tema

Het jy al ooit gevoel dat jou dag op een of ander manier 'n tema het wat dwarsdeur die gebeurtenisse daarvan loop?  Jy reflekteer op die dag en sien net hoe een ding 'n ander beklemtoon of verbind met iets anders.

Een van die wonderlike dinge daarvan om saam met my tannie in die aftree-oord te woon, is dat hier die mooiste grasperke en tuine is.  Ouerige ooms en tannies kyk baie mooi na hul tuintjies en almal s'n is met mekaar verbind sodat dit eintlik lyk soos 'n pragtige park vol van die mooiste verskillende tipes blomme.  Gevolglik is baie voëltjies gelukkig om hul nessies hier te bou en oorskiet-kos hier te soek.  Ja, selfs 'n klompie hadida's loop hier rond en omdat hier nie baie beweging is nie en hulle vir niks skrik nie is hulle vir 'n verandering stil hier!

Dis toe dat ek ook vanoggend my Finesse tydskrif en ontbyt neem en op die stoep gaan sit om die rustigheid te waardeer.  Daar het die son heerlik gebak deur die koel oggendlug, terwyl al die ander mense in die huis nog onbewus gelê en slaap het.  Gee my net 'n paar sulke oomblikke in 'n week en ek behoort gelukkig te wees in al die ander fasette van my lewe ook.  Ek het eintlik so bietjie skuldig gevoel, want ek wou aanvanklik kerk toe gaan.  Ek het toe nie gegaan nie, want ek het nie skoon en mooi klere gehad om aan te trek nie...FLOU verskoning.  Hoe dit ook al sy, ek het toe hierdie tydjie gehad om net bietjie te wees.

Deesdae is die natuur in my lewe 'n skaars kommoditeit en eintlik beperk tot parke en my tannie en haar bure se tuin.  Ek mis die sonsondergang oor die plat Boesmanland grasvlaktes en die heling van die golwe van die see.  Oe, en die Kaapse blou-blou berge wat net geklim wil word!  Op die plaas het ons ook al die lekkerste buite-slaap aande beleef onder die helderste sterre in die hele wye wêreld en die stilste stiltes wat jy kan aan dink.  Deesdae, vertel my ma my, kyk hulle sommer die sterre uit die badkamer uit, want die dak het mos afgewaai.  :)

Dis vir my ook net 'n natuurlike reaksie om die RSG-diens te luister wanneer ek nie kerk toe gaan nie en vanoggend was geen uitsondering nie, so ek en my tannie was ingeskakel vir die diens uit George se wêreld.  Die predikant preek toe ook tot ons albei se harte.  Ons is mos so geneig om te sê ons kan nie help dat ons optree soos ons optree nie, want dit-en-dat het met ons gebeur of ons is so-en-so grootgemaak of dis in ons gene.  Ons laat ons emosies toe om ons handelinge te rig en eintlik het ons baie meer beheer daaroor...deur genade.  So lees Galasiërs 5:16:  "Wat ek bedoel is dit:  Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie."  Die prediker vertel toe dat hy elke dag van sy lewe vra dat die Here hom sal help om sy sondige natuur te beheer.  Dit kom immers nie vanself nie.

Dink byvoorbeeld aan daardie taxi wat so windmakerig voor jou indruk of "deadlines" wat jou oorlaai met spanning.  Partymaal vang ek my dat ek bewe wanneer ek bestuur en iemand druk sy toeter - ek dink mos altyd dis ek wat nou weer een of ander gevaarlike situasie laat ontstaan het.  Ek is eintlik 'n senuwee-bol!  Dan praat ek nou nie eens van geldelike probleme of ander druk-situasies nie.  Dis definitief nie dan die maklikste ding onder die son om vergewensgesind te wees of enigsins te DINK daaraan om die ander wang te draai nie.  Nee, dit kom maar net met genade en Geesbeheersing.

My niggie het vir haarself 'n spanningsverligtingsmiddel geprakseer en ek het dit ontdek toe ek met haar motor gery het nou die dag.  Sy luister Classic FM en glo my as ek vir jou sê, dit werk.  Ek glo natuurlik steeds in Juanita du Plessis se CD ook, maar klassieke musiek het verseker 'n demper op kwade gevoelens.  Julle kan gerus nog 'n paar "stress-releavers" deel, want ons kan almal daarby baat.  Ek wil nie die lewe te vroeg groet omdat ek nie my spanning kan beheer nie.

My oom se 60ste verjaardag vandag het my ook herinner aan hoe mens rustiger raak met die jare.  "Age is earned"  en ek sou sê dat dit ook selftevredenheid meebring.  Maar hoekom wag tot jy "oud genoeg" (my oom is beslis nie OUD nie!) is voor jy vrede met jouself ervaar?  Is dit nie dalk maar nog iets wat mens van die Here kan vra nie, terwyl ons nou so lysies maak!  Kyk, hy like dit in elk geval as ons so met hom gesels en alles vir hom vertel.  So, vertel Hom jy sukkel bietjie om vrede in die self te vind en of daar nie dalk vrede van Sy kant af te gee is nie.  :)  Hy stel nie teleur nie.

Ek sal nog weer 'n kampvuur-kuier beleef met 'n vriend of twee (of dalk ekself) wat kitaar speel en sing.  Dalk sal ek selfs ook eendag 'n regte egte Wild West ervaring hê waar ek met 'n perd die verte in kan jaag.  Maar net dalk is daar ook die moontlikheid dat mens die ware vrede nie net in die natuur kan kry (waar jou ervaring dit makliker maak) nie.  En dalk moet ons net vra vir liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing en ons sal dit kry...

Dankie vir die geleentheid om vir julle te preek.  Dit is immers Sondag.  Gaan nou in vrede...

Friday, 25 February 2011

Baby tjoklits!

Sjoe, julle, ek dink ek is tog maar bang vir donderweer. Hierdie Gautengse donderweer slaan jou binne-in jou hart en eggo in jou maag en dan vibreer dit nog in jou brein ook. Sjoe, dis erg. Ek weet nie wanneer en of ek dit sal gewoond raak nie. Om alle ervaringe van die weer verder te vererg, ruil ek en my niggie motors (want ek het mos hierdie wonderlike Bantam bakkie wat perfek is vir groot goed vervoer en sy wil 'n stoof koop...). Het so 'n effense aanpassingsprobleempie gehad met die dat die motor so massief voel en dat Juanita plek moes maak vir niggie se klassieke musiek stasie. Kon dit natuurlik verander het as ek wou, maar in my erge konsentrasie was daar nie nog plek vir stasies verander ook nie. Tog was die klassieke musiek dalk net die regte ding vir die pad Hatfield toe.

Nou sit ek hier in so 'n sibbie-reën soos die Namakwalanders sal së of dan nou eerder 'n motreëntjie. Ek wag vir die Potch-mense om te kom vir onse mandjiesdans. Dis nou Pretoria se weergawe van 'n dansplek soos Opskop. Van wag het ek nou al weer so paar keer om so paar blokke gery en nêrens 'n parkeerplek gekry by 'n ou KFC'tjie of McDonald's nie. Ai jitte, kry tog die kind jammer. Sy's honger, maar kan nie 'n kossie vind nie en hier moet nog geDANS word vanaand.

Dink ek nou sommer terug aan die Neelsie-sokkies op Woensdagaande wat ek en my vriendinne van die koshuis so gereeld bygewoon het. Nou daar was jy nooit verkeerd aangetrek nie - rugby- en kommin-tema huisdanse het gesorg dat dit nie snaaks was as iemand snaaks aangetrek het nie. Maar in ons jare daar op die Bos het daar soms 'n paar snaakse karakters kom sokkie.

Intussen het ek die Potch mense gekry en die mandjiedans is ook agter die blad. Jitte, dit was heeeeerlik! Ek kan nou maar net nie hierdie dans-entoesiasme van my blus nie. Daardie seergedansde voete, hare wat nie meer is wat dit aan die begin van die aand was nie en die kosbare danse en geselsies tussendeur.

Dit kon netsowel 'n Neelsie sokkie met tafels gewees het - daar was so baie Stellenboschers! En my potensiêle flatmate! En een van die meisies wat ek by die jongwerkende groep ontmoet het. En die wêreld is weereens as klein bevestig toe ek 'n ou ontmoet wat my suster ken, en sy is 5 jaar ouer as ek. Wat is die kans?

Die manne het hulle deel gedoen. Hier kan die Neelsie-manne maar kom lesse vat. Steek net jou hand uit of vra...en vir jou sal 'n hand gegee word. En dames, julle së nooit nee nie, tensy 'n ernstige besering jou buite aksie plaas of daar 'n dringende gesprek in die badkamer gevoer moet word. (A girl's gotta do what a girl's gotta do.)

Ja-nee, dit was 'n fantastiese aand en nou ken ek ook meer mense in die Jakarandastad.

Tuesday, 22 February 2011

Balans

Die outomatiese deur swaai oop en 'n ander wêreld begroet jou wanneer jy deurstap.  'n Chlooragtige, klam reuk begroet jou saam met die vriendelike vrouens by die toonbank wat almal rooi uniforms dra.  Een van hulle neem jou kaart, "swipe" dit en jy word ingelaat.  Paartjies vriende of vriendinne loop rond met handdoekies oor die skouers, waterbottel in die hand en dalk iPod in die ore.  Dis die gimansium uur.  Partymaal kry ek nogal snaaks vir die mense-spesie.  Die treadmill-drawwers lyk soos hamsters wat nêrens kom nie.  Ek let die een doelgerigte meisie amper elke dag op, wat seker beteken dat ek net so toegewyd is soos sy.  Sjoe, sy kan daardie airwalker trap dat dit lyk asof sy dit wil laat omval en los vir dood.  Ek lag in my mou vir die ou wat sy hemp optrek en sy eie maagspiere bewonder.  Nou ja, hy verdien dit seker ook na 'n harde tyd se situps en crunches en wie weet wat nog als.  Oe, en dan is daar die eksie-perfeksie meisie wat die eerste keer toe ek haar gesien het pas-bymekaar-pienk-ALLES aangehad het.

Ja-nee, die gym is kompeterend op meer as net die fisiese lyf-vlak.  Die fisiese klere-vlak bly nie agter nie, om nie eens te praat van die fisiese toebehore-vlak nie.  Ek het nie ingeskryf vir een van hierdie fisiese kompetisies nie en kan nie help om te wonder of iemand my nie dalk jammer kry met my stokou universiteits- en stranddienste T-hemde, knielengte broeke en my freebee ATKV waterbottel nie.  Waarvoor ek my die meeste skaam, is natuurlik my stukkende tekkies.  Ai, ek het sulke side-kick kleintoontjies by my ma geërf en die goedjies het my ses maande-oue tekkies van binne af gevra vir asem en nou hardloop of spring of loop hulle baie gerieflik buite my tekkies rond.  Nee, kyk, ek het besluit die mense hier sal my net vir my persoonlikheid leer liefkry en beslis nie vir my voorkoms nie. 

Toemaar, moenie bekommerd wees oor boklammetjie se selfvertroue nie.  Sy het darem 'n gymmaat (haar nuutskepping) wat opmaak vir my tekortkominge.  Nou lyk dit darem immers asof ek sosiaal aanvaarbaar is, want iemand assosieer met my.  Sy ken selfs van die instrukteurs en weet hoe om die masjiene te gebruik.  So, deesdae is my gym-sessies ook meer gefokus en effektief. 

Vandag het ek nie weer die fout gemaak om vir die maagspiere-klas te gaan nie, maar ek het lekker naby gaan roei en gelag vir die arme bloedjies daar op die grond waar Mina die gym-instruktrise hulle vermorsel het.  Dis slim, want nou kan ek al die "moves" leer en dit by die huis na-aap op my eie tyd en in my eie hoeveelhede.  Moet sê dit help darem om te sien dat dit nie net ek is wat plat val wanneer Mina sê:  "And hold for eight more!" nie.  Nee, maggies, daardie vrou het geen genade nie(al sou jy dit nooit sê as jy na die ongeveer elfjarige dogtertjie wat die klas met so min moeite voltooi het nie).
Die ander deel van my oefenprogram is om soms te draf, maar my leefstyl en toegewydheid laat dit nie baie gebeur nie.  Hopelik kom ek more oggend voor werk vroeg genoeg uit die vere om weer so 'n heen-en-weertjie te gaan draf.

Jy sal dalk nou dink ek is een of ander oefen-freak of iemand wat net graag wil grootpraat, maar ek doen hierdie regtig net vir my eie "sanity".  Mens kan g'n so heeldag sit en rekenaar-kyk en lêers ronddra nie.  Daar kort balans in so 'n dag.  En so lui die spreekwoord ook:  'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees!

Monday, 21 February 2011

Jy raak glo nie kwaad vir mense wat jy NIE ken nie...

As hierdie nou 'n universiteitsvraestel was, was die vraag soos volg:  "Evalueer die bogenoemde stelling krities in die lig van die huidige situasie in Suid-Afrika."  Of dalk:  "Verskaf jou opinie oor die bogenoemde stelling."  Ek het nog altyd gedink laasgenoemde is 'n swak manier om 'n vraag te stel, want 'n opinie is subjektief en kan nie objektief gemerk word nie en ek was al die jare in 'n fakulteit waar objektiwiteit van onskatbare waarde was.  Ons het dit reeds in eerste jaar by dr Ranshod geleer as een van die tien eienskappe van 'n regsgeleerde.  Dis egter nie nou ter sake dat ek in my universiteitsloopbaan waarskynlik 5% meer vir elke regsvak moes kry omdat ek my opinie gegee het waar dit as verkeerd beskou is deur van ons land se topgekwalifiseerde regsgeleerdes nie.  Wat wel ter sake is, is die feit dat bogemelde stelling, in my opinie, nie as 'n rigiede reël kan geld nie.  So, kom ons los die hoogdrawende sinne en kom tot die punt.

Na twee weke van wag vir my bewys dat ek gegradueerd is, bel ek vandag toe die poskantoor op die dorp waarvandaan my broer, wat toe die track-nommer verloor het, dit vir my per geregistreerde pos gestuur het.  Ek het gou besef dat ek nie vandag die enigste een is wat probleme het om met die takbestuurder te bespreek nie.  Die besettoon word net elke vierde probeerslag vir 'n luitoon verruil.  Ek herinner myself daaraan dat dit beter is as daardie lang, uitgerekte, herhalende, weemoedige deuntjies wat hulle vir 'n mens speel wanneer jy wag om deurgeskakel te word, terwyl 'n emosielose stem vir jou vertel dat jou oproep vir iemand belangrik is. 
Dit was toe duidelik die mees vermoeiende deel van Takbestuurder se dag om vir my na te gaan of daar 'n posstuk na my adres gestuur is op so en so datum en daar maak ek die fout om hom te weer te vra of hy op so en so datum se rekords gekyk het.  Sal hy nou wraggies vir my vertel my broer spin vir my stories.  Ja, sy direkte woorde.  Ag aarde, maar ek word mos stil-kwaad in plaas van verbaal-kwaad.  Na die tyd was ek vir myself kwaad omdat ek nie een van die min geleenthede wat ek kry om vir my broer op te staan gebruik het nie.  Ja, ek weet ek moenie myself so opwerk nie, maar ek kon myself in daardie oomblik nie keer nie.

Arme broer stuur toe die lewensbelangrike dokument weer vir my, die keer per spoedpos.  Ek dink nog so by myself dat dit hopelik nou op rekord sal wees en hier sal haal, toe bel my baas en sê daar is 'n posstuk vir my...  Takbestuurder, jy skuld my broer 'n verskoning!

Sunday, 20 February 2011

Is jy dalk alleen? Vat die tissueboks...

Een groot drukkie vir almal wat een nodig het!  Ek sou self nou kon doen met 'n lekker stywe drukkie.  Nie omdat dit sleg gaan nie, maar sommer net omdat drukkies so lekker is.  'n Drukkie vir sommer.  Ongelukkig is ek vanaand alleen in my tannie se huis hier tussen die afgetredenes en bly my drukkies virtueel.  Selfs die budgie is nie meer hier nie, want 'n aaklige kat het hom gevang!  In my alleenwees sit en wonder ek wat die naaste alternatief vir 'n drukkie is vir 'n persoon wat op sy of haar eie is?  Dalk 'n lekker warm bad met kerslig of 'n koppie milo met 'n tydskrif in die bed.  Ek dink ons kan almal daarby baat om mooier na onsself te kyk wanneer ons alleen is.  Ek het so 'n geneigdheid om sommer alles af te skeep...skottelgoed, wasgoed, strykgoed, makeup(dit irriteer ook nog my oë, so dis regtig nie gewild op die oomblik nie), hare was... (Party van my vriende mag dalk dink ek deel te veel, maar dis my blog!) Moet.  Liewer.  Vir.  Myself.  Wees.

Dis eintlik ook verstommend om te sien wat mens gedoen kan kry in 'n baie kort tydjie.  Ek het byvoorbeeld die sitkamer en kombuis opgeruim terwyl die rekenaar gehang het oppad na die Boklammetjie bladsy.  Ek het myself eers lelik vervies en toe onthou ek kan 'n paar dinge doen terwyl ek so sit en myself opwerk.  Ek het ook my ma se woorde van baie lank gelede en wat vasgesit het sedert daardie dag, onthou.  "Moenie vir 'n dooie ding kwaad word nie."  As ek maar daardie wyse raad gevolg het, sou ek dalk vandag 'n bietjie ligter gelewe het!

Ek het wel 'n baie lekker dag gehad.  Ek het aanvanklik sommer vroeg wakker geword van die vroeë Gautengse son wat heldergeel in my kamer ingestroom het.  Die week se moeg het egter gou hierdie wakker-wees verander in 'n lekker laatlêery.  Amper was ek laat vir kerk, want ek het my wekker gestel, maar vergeet dat hy net in weeksdae afgaan.  Gelukkig het die interne klok my 5 minute na my opstaantyd wakker gemaak en was ek betyds klaar.  Kerk was wonderlik lekker.  Ek voel so lekker tuis daar, al gaan ek alleen!  Dis seker omdat my Pa daar was.  My hemelse Pa, natuurlik.  :)  Ons is juis daaraan herinner dat God so lief vir ons is en dat Hy daarom nie ver is nie, maar hier naby sodat Hy 'n persoonlike verhouding met ons kan bou - een waarin hy ons persoonlikheid en eie-behoeftes en nukke en grille erken en daarmee voortbou.

Later vandag is ek toe saam met 'n skoolvriend na die Pretoriase Botaniese tuin vir 'n buitelug opvoering deur 'n paar "bands".  'n Vriend en vriendin van hom het ons daar ontmoet en 'n rustige tydjie is saam spandeer.  Verversings, mense-bekyk, die rustige (en lewendige) musiek, lekker geselskap en 'n CD van Zinkplaat later, het ons afgesit Menlyn toe vir 'n koppie koffie saam met nog ander vriende van die vriende van my vriend.  Jy moet slim wees om by te bly met hierdie vriendeketting.  Ons het regtig lekker gelag en gepraat oor Pretoria versus Johannesburg, die tolpad tussenin en die verkeer.  Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat almal issues het en dat geeneen van ons eintlik die berader vir die ander kan wees nie.  Dalk is 'n groepsessie net die ding wat ons nodig het.  'n Groepsessie met 'n boks tissues wat rondgestuur word.  Die ou of vrou met die tissues is die een wat mag praat en die res moet luister.  Haha! 

Nou ja, op die oomblik is die tissues by my en my tissue-issue is my deurmekaar kamer.  Dink julle dit reflekteer 'n deurmekaar harts-binnekamer?  Wel, volgens my het ek nou eers genoeg tyd gehad om jammer te wees vir myself omdat ek moes stad toe trek.  Dis glad nie so sleg hier nie - hier is oorgenoeg Kapenaars!  Dis sommer net 'n grappie, want Gautengers is ook oulik en liefhê-baar.  Dis maar net die aksent - die spelling is dieselfde, kan jy glo?!  Goed, so wie wil nou die tissueboks hê?

Saturday, 19 February 2011

Afrikaans

In the words of the famous Tolla van der Merwe:  "Nee, wat, jy's mos'ie baas hie!"  Hierdie is my blog en ek is nie meer lus vir sukkel om Engelse woorde raak te hap nie.  Die taal kleur nie lekker in nie en die woorde ontgaan my.  So, ek maak nou vir Boklammetjie opreg plattelands-Afrikaans.  Geen klagtes?  Geen klagtes!  My tannie vertel my gereeld van die ou oom daar in die aftree-oord wat so woes baie kla.  Hy is nou sommer gerantsoeneer tot "net" vier klagtes per jaar.  Ek dink die oom gaan in die volgende vergadering oor hierdie einste beperking kla.  Siestog!  Maar moet jy nou asseblief nie kla oor my Afrikaanse revolusie nie, want jy weet jy het nie eintlik 'n probleem daarmee nie.

'n Mini-orkaan het ons ou arme huisie (daar naby die boklammers se kraal) getref en so wragtie waar 'n stuk van die dak afgeblaas.  Ander skade sluit ook stukkende sonpanele en 'n wind-skeef massiewe (ek skat hom so twee meter dik) peperboom!  Ma en broer vind hierdie uit op hul terugkoms van die ander plaas.  Die maere Jan-Pap wat dinge moes regsien op die plaas het glo vir tien minute lank vir sy lewe gevrees terwyl die wind kwaai rondgehardloop het buite sy huisie.  En binne daardie 10/15 minute het dit glo ook 25mm gereën.  My brawe broer sê hy is nie kwaad of moedeloos of hartseer nie.  Jy kan nie baklei teen die natuur nie.  Jy tel maar weer die sinkplate op, eis by die versekering en maak die boklammers verder groot.

Terwyl daardie kant van die familie met groot probleme sit, bekyk hierdie kant s'n vir die eerste keer die Blou Bulle vanuit Pretoria.  Ek is mos so bevoorreg dat ek DSTV toegang het by my tannie, so terwyl ek nou nie vriende het nie, groei ek maar blokkies-oë.  Het juis vandag ook so duimvasgehou dat Bangladesh vir Indië in die krieket wêreldbeker sal wen, maar nee, die manne in blou het met die louere weggestap.  Ek sien uit na Donderdag, die 24ste Februarie, wanneer die Proteas die Windies (Wes-Indië) pak.  Mag die Proteas blom!

Ja, vriende, familie,  kollegas en kennisse, mag dit met julle ook net voor die wind gaan en mag julle dae gevul wees met betekenisvolle gebeurtenisse.

Groete,
Die Afrikaanse blou-boklam

Thursday, 17 February 2011

This day in History

It is the year 1986 and the date is 17 February.  A little boy is born, I assume somewhere in the Stellenbosch or Cape Town area.  He is the first born of his family, soon followed by three sisters.  He comes into this life to change the world!  It is a very dear friend of mine, and one of your fellow boklammetjie blog followers, that was born.  Though I was not there (but still comfortable in my mother's womb, not due for a month and a few days) I am sure that my friend's parents were very happy to hold their first born in their arms.  Since then this little baby boy developed many skills and discovered many talents and gifts, uniquely combined in a young man of 25 years.  So, I dedicate this blog to you, Pieter.  May your days be filled with laughter, happiness and great memories.  And may you use all these skills, talents and gifts to help others in some or other way.  And may you and your girlfriend be happy as always!  :)  Happy birthday!

Today Pieter finds himself in the Netherlands, where he enjoys "stroopwafels" and studies.  Let's hope he leaves a comment and tell us a bit about his experience there and why I wrote this blog.  And if we are VERY fortunate, he will provide us with his own blog's link...that is a blog that still has to be designed and I tried to convince him to do so.  :) 

Tuesday, 15 February 2011

Niceness!

After yesterday yours truely was caught off guard with the sharp contrast of today.  The first thing I was so thankful for was the chill breeze this morning, combined with a few clouds in the sky.  While sitting in traffic as I entered the city from the N4 I had my first chance to have a look around, since normally I just drive past.  I appreciated the beautiful trees and grass at the side of the road and the army of South African flags planted there as you come into Pretoria.  It reminded me of how much I miss because I'm always in a hurry. 

Bobby van Jaarsveld's CD accompanied me all the way, soothing the traffic pain.  Whoever says that Afrikaans music is dumb - you probably picked the wrong CD.  I have had the wonderful experience of Afrikaans music lifting my spirits in traffic and when I am running aroud, trying to make deadlines.  You should try it!

So in court I was helped and greeted with the most wonderful friendly faces!  I am just SOOOO thankful, because they really moved mountains for me and helped me out of so much trouble.  It is just not something I expected, since people of the law always seem so strict and non-influencable.  I guess that is true for some, but remind me to give people a chance.  I would want one when the tables are turned.

For the first time in Boklammetjie's history, she is going to the gym today.  Wish me luck - I'm probably going to be in all sorts of pain tomorrow.  :)  But I need this.  I feel so useless, since there has been no physical activity for the past WEEK (and I am kind of an active person).

Here I am, at the end of the day, a very thankful person.  This day was good (so far, who knows what gym is going to do to it?).  Happy camper, over and out!

Monday, 14 February 2011

Valen...what?!

Valentine's day in Pretoria was something awesome, something new, something I have never experienced.

WELL-DRESSED COLLEAGUES reminded me of the celebrated day of love. The cleaning, file-organizing lady sitting across from me was my personal favourite with her red with white polka-dot silk top.

THE MYSTERIOUS DATE WITH the city was all I could expect with all the new things I had to get done and the deadline of 13h00. All the wrong things that can happen at a date, also happened to MY date. Some people were late or made me wait. Some people were mean to me. Some people were irritated with me after THEY were the reason I could not get hold of them. In Afrikaans it could be compared to "die klein jakkalsies", that is the small things that negatively influence a relationship.

FLOWERS were seen everywhere on the way to the High Court as delivery guys struggled to find parking space with bunches of red roses or tulips or my personal favourite, mixed flowers. Even one of the women who caused some trouble for me (not delivering a message to the advocate I could not find because he was in court) was the happy receiver of a lovely bunch of red roses AND a white teddiebear with a red tummy. No wonder she was unfocused!

A ROMANTIC NOTE ON MY WINDSCREEN... Some huge bird had a stressful marriage proposal or something, so the stress ended on my windscreen! It was just perfect for my blue Monday - just gave it more depth!

SHOPPING AT THE MALL? No, did not happen. I just had to park there to deliver some documents at some attorneys situated near the mall. I thought about shopping there, though. :) Wishful thinking!

HEART-SHAPED CHOCOLATE - this one is for real. When I arrived at work and fell down in my chair, a very welcome heart-shape chocolate eyed me from my desk. The sender was no secret admirer, but my very adorable boss. She really has all the patience in the world, because she answered all my questions over the phone. Respect growing there!

DINNER FOR TWO was enjoyed by yours truly and her aunt. It was nice, though and made me relax after the difficult day. Working is not for "sissies" (softies), it is for real hard-core people...I'm not quite there, yet.

So, I ask you: Valentine's day? What?!

Friday, 11 February 2011

Character

I have been asked if my potential (guy) flatmate is a nice guy and that made me think about character as a concept and also about his character.  Let us call him mr Z.  I saw mr Z’s ad for a flatmate on Gumtree and since then I phoned him, met him and joined him for his church’s cell group meeting for young adults.  I gathered from this that he has a very relaxed and open personality.  He knows as little about me as I know about him and still saw my need for meeting people and making friends (and a church).  He also encouraged me to come visit him if I ever needed company.  So, yes, I think he is a great (nice) guy.  I could be flatmates with someone who cares for people and recognise their needs.  It kind of makes me think about my previous flatmate!  J  But still, I have to look at other options as well.

So, this cell group was on Wednesday and I enjoyed it so much.  Although I was a new comer, I felt welcome and was invited into their discussions and the church’s other activities (such as outreaches to street people and a course for ladies).  This one girl really made an impression on me with her kindness and the genuine interest she showed in every person she met.  I guess it helps that she is a social worker, but still.  We talked about the challenge of unconditionally loving someone you meet and I just realised I fall way to short in this area.  But it is true that everyone would like the chance to just be themselves and be accepted for it.  What we first see about a person when we meet them is not all there is to see.  A person is a product of his background, his upbringing, his circumstances and age.  A wise guy once told me this truth when I asked him about someone's strange behaviour:  FIRST SEEK TO UNDERSTAND.  This really struck me as a truth and is something that I will always remember.  There is a reason for anyone's behaviour and you should first try to understand that, before (and not even then) you judge the behaviour.

Back to the lighter side of life.  Yesterday I got COMPLETELY lost and was late for a welcoming meeting of the Pretoria Association of Lawyers.  Well, let's be honest - I did not even attend in the end, since I could not find the building I was supposed to be at.  Almost 50 kilometres, and for nothing!  Goodness!  I didn't want to go in the first place, but I have this tendency to force myself to do things I know will be good for me even if I feel that I will not enjoy it.  So, in the end I decided to go to the movies, but there was nothing I wanted to see for like and hour and a half and I didn't want to kill so much time in the mall.  So, the sad little farm girl went back to her house by herself and baked a cake for her colleague's boyfriend's surprise birthday party.  I have social responsibilities over the weekend.  :)

O wait!  I have to tell you something else.  I was ambushed by a car washer in the city yesterday when I went looking for the building I couldn't find.  The guy appeared out of nowhere!  I just suddenly saw a splash of soaped water and then someone started cleaning my front window.  Well, that is what I think he tried to do, but the window was still dirty.  I didn't pay him for his services, because it wasn't asked for and it wasn't done well.  Goodness!  Talk about character...

Tuesday, 8 February 2011

Taxi's, delivery vehicles and hooters!

Before people can qualify for having children they should be exposed to taxi drivers in Pretoria's central city! I think the latter requires even more patience and selfsacrifise than having children.

This is coming from the country girl who got exposed to Pretoria's central city today. I think I almost died like three times this morning! I was sent into the unknown all by myself and just as I thought I got the hang of it, I had to stop so suddenly that I now have a stiff neck! That is because taxi's has their own rules about stopping where and when and why! And pedestrians have rights that beats our constitution's human rights charter! :) I guess it is not so bad and that I just need experience, but it may just be that I should go for an advanced driving course first! This is a BIG challenge for me.

That was after I discovered that our company vehicle has a HUGE petrol leak! That lead to some documents being late for registration at the Deed's Office. :( But I didn't get into trouble. The stress was enough, anyway!

I survived the rest of the day with another cup of coffee and lots of grace. God is ALWAYS helping - we just don't always see it...

I was exhausted when I got home and experienced the strangest craving for vegetables! I think this body of mine is feeling sorry for herself. Now she's getting back at me with this weird demands. So, eating balnced is just another thing I have to put on my list of things to get in order! In this department I am happy to announce that I now know Seelan from my potential medical scheme so well, he might just be my first new friend here!

My girly classmates from varsity is having a girls' night tonight... Ahw, I really miss them. Enjoy it, girls!

Monday, 7 February 2011

Weekdays

I promised myself that I will not become one of those working people that wishes the week away to get to the weekend, but for this week only, I am one of those...

It started out when I slept bad on Sunday night and then got worse when I had to take my mother to the busstop this morning (woke up at 03h45).  My hope for this day will be planted in coffee and suger supplements.

But let me get back to wishing the week away.  If this is the way we opperate, then we will wish 5/7th of our lives away and only 2/7ths will be worth it.  Hayikona!  We have too much to live for...

Being happy at work.
Enjoying colleagues.
Purpose in each task.
Overcoming our challenges.
Laughing at begging students.
Noticing the one star that is bright enough to shine through the city lights(yes, indeed, there is one I know of!).
Enjoying a destressing run.
And so forth and so forth.

I am going to try this even today - to appreciate the time I am given to do the things I have to do.  Just for today, and then I will take each day as it comes.  Join me?

Sunday, 6 February 2011

Patience is a virtue

I get rebellious sometimes.  I think it is because I like to make my own decisions and are not used to people trying to help me and giving me advice.  Now, that sounds awfull!!!  It is not like I never listen to what people have to say, but I am very selective.  If I don't ask for advice, don't give me advice.  But that is not how it works (or should work) when you have good family and friends.  We were not put on this earth to be alone or survive on our own.  No man is an island.

It just so happens that with the move to Pretoria I have to make a few decisions.  1.  Which work to apply for and which job offer to take.  2.  Where and with whom I will stay.  3.  Buy a new car or a used car and find finance for whichever option I take.

IMAGINE all the advice I got from family and friends!  So, what the hec - I decided that U (the reader) can also join in the fun.  Give me your best advice.  I state the facts and you get the say.  Go!

1.  I took a job as candidate attorney in Pretoria and unfortunately you don't have a say about this one.  So far, so good.  I learn a lot each day and I am getting used to things there.

2.  My first option is to move in with a guy for R1 800 p.m.  I met him this morning and went to see the flat.  Nice flat.  Small, but nothing less than my previous flat.  Sharing with a guy - never did it.  All essentials - double (triple if you count the guy) security, parking space, near work, near a shopping centre, tumble dryer, washing machine, TV (no DSTV), stove, own room, swimming pool.

Second option is to stay with my cousin.  I don't know how this will work out, but still, I know her and love her.  Price will only be talked about when she returns on the 18th of February.  It is a bit further from work.  Bigger room, no swimming pool, furnished, near a shopping centre.

3.  I would LOVE to have a Toyota Yaris.  A friend says he'll be able to get me an affordable deal for a new car.  Other people say I should buy second hand.  What say you? 

Now that I "talked" about it, I feel a bit relieved.  I am sure I can still wait and let my options multiply so I can make the best decisions.  For the moment I am in the very fortunate position to be able to live with my aunt and drive my mom's Bantam bakkie. 

O, and I went to a church this morning and loved it.  I enjoyed the praise and worship so much, was enspired by the message and saw a few interesting projects where I could apply my skills.  But, of course, I will think about this one as well.

Where are the days where, on our little town, we had no choices - everything was just simple and easy?  Now life is just so complicated, but full of opportunities.

Thursday, 3 February 2011

Philosophy

Have you ever thought about PASSION? Being passionate. What is the origin of our passions? Why do we have it? How do we recognise it? What are the advantages and disadvantages of the state of passion? How does passion die?

I have a passion for people, their uniqueness, their behaviour, creating an environment in which they can be comfortable and themselves. This wasn't always true of me. I used to be quite hard on people and would not think twice about stepping on someone who did not have a strong personality. I am not proud of that little girl I used to be, but I'm not beating myself up about it either. The point is that my heart changed (yes, because I came to understand God and love better) and that I became the complete opposite of what I used to be.

Anyway, so for me, passion is something that God puts in your heart and which He uses to change the world. Passion is such a strong and important thing, a gift, not only to yourself, but also to others around you. I'd say that it also is a responsibility. Live it out, because it has the power to touch lives, nature, animals etcetera.

Maybe you can feel that. The nagging feeling in your heart that NEEDS to come out and materialise into something touchable or nameable or known about. Go on - let it free! You can be a tool with your passion. Combine it with your talents and gifts and you are unstoppable!

And never let anything stop you. Older people who 'also wanted to try that' (listen to their advise, but take only the constructive parts and use it), the limitations you make yourself believe you have (search for alternatives and consider the possibility that you may be wrong) and whatever else. I am too subjective to think of other passion-killers.

Be passionate! Be a person that changes lives! Be humble about whatever you accomplish throug it, because remember that your passion is a gift and also a responsibility. Use it wisely. :)

Wednesday, 2 February 2011

Special bonus edition blog for Phillip

Since I haven't figured out how to reply to a comment I made this brilliant plan - to create a new post! :) I dedicate this blog and a moment of silence to the dead Corsa bakkie you refer to, Phillip. The Corsa's joyful life as a driving-to-town-bakkie ended when my brother tried to jump-start his Isuzu bakkie with it and seized the engin! A second hand Bantam bakkie was appointed in its place and that is my transportation. As for the reason for the tail lights...bad, unscraped farm roads. Need I say more? That, and a slow repair-system. But I can't complain, because I have aircon and a CD player and an adjustable driving seat, so I can happily enjoy my ride from home to work and back.

And the busy traffic. Try add a thunder storm to it and you find me with emergency lights, trying to find a way to make the fog(I think...wasem) go away! Got a hoot for that party trick! Other than that, I'd say my good-tempered driving don't impress these Gautengers! Hopefully they will get used to me!

Thank you for reading my blog and making commtents!

Being early

The early bird... Well, what if there is no early worm to catch? It is so funny! Figuring out how late to leave for work is no easy task and is still unaccomplished. I can tell you one thing, though. "Blikskut" (begging money for charity using tin cans) is very much legal here in contrast to the situasion in Stellenbosch. I am the adult, working person now, who just smile and wave at the silly-dressed students. In my defence, I only get paid my little clerk's salary on the 28th.

Today I realised the true geniusness of the invention of repositionable notes and paper clips. Now my life and files are back in order and I am feeling a bit more in control. I just hope that my supplies last!

It seems that a residential address is essential for almost ANYTHING you want to get done and guess what, I don't have one. YET. Hopefully I will fill in all the blank spots in contracts, SARS-registration and learning agreement.

The day ended with a thunder storm (well, in my Cape Townian opinion) and consequent power failure. Luckily (as every true and dedicated employee would say) our computers could still run on the generator. The darness was overcome by our positivity and will to accomplish.

Yes, today was an improvement on yesterday. Bring it on! (Please keep praying for the clerk and all the adjustments.)

Tuesday, 1 February 2011

The file lady - day one of work

So no one told you life was gonna be this way? Of course thy did! Today was the first day of my new life as a file lady. So many files! And do not dare think you are done with one, because you are NOT! Or, I'm just inexperienced. I vote for the latter! I felt like the complete clueless "new girl" which, of course, I am. I definately got the chance to test my new bosses' patience and teaching skills, since I was asking questions all day long. This is going to take some getting used to, definately.

O, and I took some wrong turns when I drove to work this morning, but in the process got to know the area better and still got to the office on time. Tomorrow will be a straight drive, I think.

I have to tell you about this one girl in my office (I'm sharing cubical space as well as personal aura with her). She has such an open and wonderful personality. Made me feel so welcome and asked about my life. We even share a friend (good one to her, I just know him). I am always very intrigued by people who is just friendly and warm. As if just about nothing can ever darken their mood. Well, so there is a nice little sunstream in my day!

Not that it was a dark day - just overwhelming with info and trying to remember it the first time. Silly me! I'm human after all! According to my very qualified, expert opinion, a clerk spend 87% of their time on files! I wish I listened to my Civil Procedure lecturer when he said that that is the most important subject in the LLB course. Turns out he was SO right. My end marks is not worth mentioning on this public space. Let's just say it wasn't one of my talents. Now I'll have to invest some time in those books.

Anyway, I'm also fighting very hard to find balance in the form of running. I went for a 20 minute run just after work and it was great! Exercise really do take away stress! Oh, it was GOOD.

Over and out, people. I am tired and still have to read my working contract... My job is, in fact, NOT a joke, but a serius matter. :)