Beautiful Boklammetjie

Beautiful Boklammetjie

Sunday, 17 April 2011

"You should greet"

Ek kan myself soms in my kop verloor, soos enige mens maar. Dan dink hierdie blonde kop van my in die hoogste rat aan alles wat gedoen moet word, die tye waarteen dit gedoen moet word, die kortste pad, die volgorde van gebeure...

Gister weer het ek een honderd en tien dinge om in die stad te doen. Ons normale parkeergebou is alweer onder konstruksie en ek kry parkeerplek soos 'n kilometer van daar af. So is dit toe ook heelwat later toe ek die landdroshof bereik. Die fraaiste klein dogtertjie loop grootoog en staar omkyk-omkyk vir my (dat ek wonder of dit is omdat ek vir haar geglimlag het en of daar nie dalk iets met my voorkoms fout is nie) terwyl ek instap. Vir een of ander rede gaan daardie metaalverklikker af en ek moet horlosie en sonbril afhaal. Glimlag en waai, glimlag en waai. Ek weet nou nog nie hoekom dit afgegaan het nie...

Oppad na waar ek die dagvaarding in my besit moet gaan "stamp", besef ek die pakkies is nie gestaple nie. So, toe ek by die "stap"-plek kom, sien ek van die dames wat hofdatums uitreik en ek sĂȘ: "Excuse me. Do you have a stapler." Sjoe, ek kan nou redekawel oor die houding waarmee sy toe praat, maar ek het lankal besef sy was eintlik reg. "Don't you greet? You should greet first and then talk to us." So, word ek toe onkant gevang, want ek het nog altyd gedink ek het goeie maniere. Tog, lyk my daar is ruimte om te verbeter. Kan jy glo, ek het my misgis met die staples! Al die tyd was die pakkies WEL gekram en ek het nie eens 'n krammasjien nodig gehad nie, maar dalk wel die preek...

Daar is soveel mense wat my daagliks help en wat werke doen wat sekerlik DIE mees ondankbare werke is. 'n Vriendelike groet en 'n glimlag sal dalk aan die begin 'n daadwerklike besluit wees, maar later sal dit uitdraai om 'n goeie gewoonte te raak.

No comments:

Post a Comment