Jinne, span, toe is ek darem vanoggend dou voor dag uit die vere om te Carpe Diem! Eintlik het ek hierdie leefstyl verandering in gedagte en vanoggend was die oggend om dit te beproef. Dit behels 'n oggend gym-sessie sodat ek meer kans kan kry om die ou drafgewoonte weer skop te gee. Hier in die Noorde raak dit so vroeg in die "aande" donker dat die tyd net na werk eintlik maar die enigste tyd is wat ek sal kan draf. Ek sien 'n 10km wedloop in die vooruitsig.
So, ja, ek het 05h00 wakker geword van die wekker en myself uit die bed gesleep. Alles het eintlik goed gegaan, behalwe dat ek alweer die petrolprysstyging gemis het en my tenk was leeg! Die eerste vulstasie se kaartmasjiene het nie gewerk nie en so moes ek toe maar bietjie tyd mors en gevolglik 'n paar minute korter as beplan gym.
Die gym was verbasend besig. Dis nou nuwe gesigte, nuwe spiere, maar dieselfde atmosfeer. En wraggies, my hottie by die gym was ook daar in sy volle glorie. Haha, toemaar, julle hoef nie oor my bekommerd te wees nie. Ek het maar net nou die dag die ruiker by die troue van die jaar gevang! :)
In elk geval, hier sit ek nou, betyds vir werk en opgedress vir die hof-storie later. Hoop jou dag het skop! Ek is seker ek gaan iewers vandag 'n energie tekort ontdek, maar ek moes probeer.
No comments:
Post a Comment