Hier sit ek nou, plat op die grond, in die sand op my broer se plaas. Hier reg voor my is 'n piepklein geel suringblommetjie wat groei so op sy eie. Ek sê dis 'n introvert blommetjie. Ek deel die blommetjie se behoefte aan alleentyd.
Ek kan nie so heeltyd tussen mense wees nie. Dié dat ek toe 'n uur terug besluit ek vat nou hierdie gaping en gaan soek stilte. Volgens my is dit net die bevestiging van iets wat ek al lankal sê en waarteen baie mense stry - ek is 'n introvert. So, ek sal maar hier sit met my plaashoed op die kop en my waterska op die rug. Jy weet jy wil nou ek wees - dis net 'n ligte briesie en voëls in die verte wat geluide maak. Ek dink ek het so 'n r
rukkie terug ook 'n bobbejaan gehoor...
Nou sit en dink ek aan die "virtue of selfishness" en waar die lyn dan nou lê. Hoe gelukkig moet mens in jouself wees voor jy vir ander goed kan wees? Dis mos waaroor dit gaan - belê tyd in jouself, dan sal jy beter vir ander iets kan beteken.
So was ek darem vanoggend nie lus om voor almal op te staan om muffins te bak nie, maar ek het. Ek het nie gesê nie, maar my sus se kêrel kuier hier, so daar is koninklike behandeling. Ons eet ons trommeldik en drink koffie en tee en ystee en allerande goed waaraan jy kan dink. En ons eet varsgebakte muffins in die oggend. Om in die bed te bly lê het sou natuurlik selfsugtig gewees het, maar nie alles is so maklik nie. So waar is daai lyn?
Oom Prediker sê daar is 'n tyd vir alles en so, glo ek, moet mens maar alles en almal in ag neem en bietjie dink waarvoor die tyd nou reg is. En onthou, alles kom tot niks, so laat ons eet en drink en vrolik wees en die goeie van die lewe geniet.
Beautiful Boklammetjie
Friday, 29 April 2011
Tuesday, 26 April 2011
Kort, vinnige treetjies
Wat ek van juffrou Piet onthou, is daai vinnige treetjies reguit oor die pad tussen die skool en die koshuis en ook altyd presies oor die zebra-streep voetoorgang. Dan was daar ook haar rokkies, almal dieselfde patroon, met 'n beltjie om die middel, maar verskillende lappe. Sy het rooi haartjies (wat sedert lank gelede gekleur word) en sy het Afrikaans gegee. Sy het ook die skool se jaarboek behartig en die CSV. En sy was 'n koshuisjuffrou. Sy was jou dood as dit kom by Saterdagoggend inspeksies voor jy kon dorp toe gaan tot middagete. Sy het presies geweet waar daar swartkolle is en stof opgaar en sy het dit vir jou uitgewys.
Vanoggend staan en wag ek in Shoprite vir my ma en probeer tyd omkry met my selfoon. Toe ek so opkyk sien ek een van daai rokkies wat ek nooit sal vergeet nie en die kort vinnige treetjies. Ek sit haar agterna en vang haar eers 'n hele paar gange later...juffrou Piet. Van lekkerkry om mekaar weer te sien, kry ek sommer twee drukkies, vriendelike glimlag en 'n stywe kopknik op elke ding wat gesê word. As jy my vra het sy nie een plooi bygekry nie en ook nie 'n dag ouer geword nie. Sy lyk nog NET soos altyd! So, ek moet vra - wat is die skoonheidsgeheim vir die ewige jeug (ek kies ook my woorde in mooi suiwer Afrikaans)? Baie water en baie stap! Laasgenoemde maak wraggies sin. Juffrou Piet het 'n vietse liggaam en ek kan my indink dat dit is as gevolg van daai vinnige kort treetjies.

Wednesday, 20 April 2011
'n Lekker dag
O jinne, gister se dag het woes begin. Ek het darem verskoning gemaak by die werk dat ek sal laat wees omdat ek vir ons huiswerker moes wag en woonstel oopsluit. Van die halfuur se later wegkom, het die verkeer toe nou ook soos klokslag dol geraak. Dis nek motors links en motors regs en met 'n lekker vet kans het ek myself daar ingewurm. So is dit 'n gekruie-kruie oor sirkels en dale heen. Hier op 'n stadium kom ek by 'n verkeersirkel en 'n taxi staan hande viervoet oor die middelste sirkel - twee wiele in die pad en twee wiele op die sirkel, soos 'n man wat 'n steil bult wil uitklim en nie wil omval nie. Vervies ek my so en ry verby. Nou staan ek in die pad! Die taxi-bestuurder gooi handseine en druk sy neus amper in my sy. Ek het nie besef nie, maar hy het so gaan staan sodat die baan wat reguit aanhou na die sirkel kan verby kom, terwyl ons wat wil regs draai agter hom mot opdam. Oeps! Nou wonder ek of die man my blog sal lees, Afrikaans sal verstaan (en nie net gebaretaal nie) en my verskoning sal aanvaar...
Teen middel-oggend is die taxi-petalje al uit my kop en raak my dag beter met 'n geskenkie van my baas - een massiewe paaseier MET 'n kit-kat crunch. Ek lus al hoeka van Maandag af 'n sjokolade, maar systap hom elke keer met 'n gesondheidstafie. Dis net nie dieselfde nie!
Die res van die dag het min of meer afgeloop soos 'n plaat wat op te vinnig gestel is. Gym vir 'n kort, intensiewe sessie, ry huis toe. Hier is ek weer vermaak deur 'n propvol gelaaide Nissan bakkie(tjie) waarvan die kappie se agterruit uit is, so dit lyk soos 'n fotoraam vol mense! :) Ai, en ongelukkig het ek nie my kamera gehad nie en dis dalk 'n goeie ding, want my vroulike kwaliteit van meer as een ding op 'n slag doen, geld nie wanneer ek bestuur nie. Vinnig geëet, aksie krieket gaan spel (baie opwindend!), pakkie gaan haal by huisvriende se ma en toe tot laat aand gesels met my niggie-flatmate.
'n Vol, geseënde dag. Wens net ek kon jammer sê vir die taxidrywer.

Tuesday, 19 April 2011
Ligpuntjie
In my hart het ek al die besluit geneem om uitstappies stad toe te geniet. Dit is dan ook in pas met my beginsel dat mens nie tyd moet omwens nie, want elke oomblik is kosbaar. In praktyk is dit egter 'n ander storie...
So sit ek my "roadtrip" musiek aan en vat die pad stad toe. Hier wil ek net myself onderbreek en noem dat ek, op hierdie oomblik in tyd, dink ek het nou so min of meer die verkeer onder beheer. 'n Taxi-toeter het my lanklaas ontstel (mag ook wees omdat ek nie regtig meer in Proesstraat ("taxi-haven") rondry nie) en ek het ook geleer om in die middelste bane te ry om skielike stoppe deur taxi's of afleweringsvoertuie te vermy.
Terug by vandag. Die musiek het mooi gehelp tot waar ek parkeer het. Ek en my pienk serp, want dis deesdae mos koud, begin stap met die laaang pad aktekantoor toe, Meester se kantoor toe, teenkant se prokureurs toe, hof toe en weer teenkant se prokureurs toe. As dit maar so vinnig was.
Ag, ek neem myself kwalik oor ek nie weer my boek saamgevat het nie, want vandag was weer 'n dag vir uiters lang rye. Ek bestudeer dan maar die mense - groepie klerke kort voor my praat oor die regskool en eksamens en dat hulle nog nooit in só 'n lang ry by argiewe gestaan het nie. Dan kom 'n advokaat met sy skip-die-ry swart toga en word voor 'n paar leep-oog klerke gehelp. Jy sien sommer hoe hulle gemotiveer word om eendag advokate te word. Na 'n lang tyd word ek gehelp. Ons kantoor het 'n kontak by argiewe en ek sien haar kopdoek doer agter haar lessenaar met hope bruin koeverte op uitsteek. Sy loer onderdeur haar bril, glimlag en waai. Ek waai en glimlag en word daar na haar toe genooi.
En is sy nie 'n engel nie! Die dierbare vrou wil net geselsies maak en haal sommer die telefone van hul mikke af! Die geselsies is lekker, maar eintlik moet ek die lêer vat en dinge daarmee doen voor toemaaktyd, maar die ligpuntjie in my dag bly gesels en gee my nog sommer haar nommer ook! Sy steel my hart en maak my dankbaar. Self wil ek ook graag soveel vreugde in my werk aan ander toon.
Ek moet julle net van nog 'n ligpuntjie vertel. Ons ontvangsdame. Ek kom na nog 'n paar stoppe en rye by die kantoor aan met 'n hoofpyn so groot ek dink mense kon dit sien! En ons ontvangsdame sê so nonchalant vir my sy dink nie dis 'n goeie idee dat ek vandag gaan gym nie. "Tea and rest!" sê sy. Wie is ek nou om te stry? Daardie bietjie omgee het my hart vermurwe en weereens dankbaar gemaak vir die ligpuntjies in die lewe. :)

Sunday, 17 April 2011
Jou pad
Dis een van die lekkerste dinge vir my om in die veld op ons plaas rond te draf (gegewe die feit dat ek dan ook lekker fiks is). Ons het seker die mooiste plaas in die hele wêreld en so kronkel die paadjies tussen hierdie mooie veld en met voëls wat rondvlieg, hier en daar 'n hasie wat braaf oor die pad hardloop of miskien 'n bobbejaan in die berge.
My broere ry daagliks die paaie om water en slagysters na te gaan of sy plaas te bekyk. Jare gelede het my pa met sy perd, Rex, dieselfde paaie gery en gaan ploeg of saai of oes. Voor hom het my oupa dit (nou nie met dieselfde perd nie) gedoen in die dae toe inkomtyd met sononder was en droë perskes, beskuit, 'n fles koffie en 'n droë brood sy padkos was. Ek sien in my geestesoog my fier en regop oupa (wat ek nooit geken het nie, maar wie se beeld dié van vergeelde swart en wit foto's van hom aanneem) met sy langsteel pyp op 'n perdekar wat 'n ploeg trek.
Terug by die plaas se paaie. So draf ek maar in die paadjies en hou by die bekende in plaas daarvan dat ek "off-road" gaan en dalk my voet in 'n muisgat swik (dit het toevallig ook met die einste Rex gebeur). En so is dit ook maar in die lewe. Ons luister na stories van die verre of onlangse verlede en volg dan die rate van vergange dae. Ons volg in die spore van voorsate en doen maar wat almal doen.
Net gister stap ek na my tannie toe (ja, ons woon so naby aan mekaar) en op pad loop ek in 'n voetpad. Ek het sommer daar en dan dwars besluit ek loop nie die voetpad nie, want die gras loop lekkerder. Dalk is my beeld vaag, maar dit het my laat dink dat ons almal hier is vir ons eie lewensdoel. Miskien moet ons ons eie pad trap en nie net voete neersit waar ander reeds pad gemaak het nie. Dan kruis ons spore dalk dié van mense in die verlede, maar dit verken ook die nuwe dele en dra by tot ons uniekheid. Kom nou, wie wil NIE uniek wees nie? Almal is spesiaal en het sy eie pad. Lekker stap! :)

"You should greet"
Ek kan myself soms in my kop verloor, soos enige mens maar. Dan dink hierdie blonde kop van my in die hoogste rat aan alles wat gedoen moet word, die tye waarteen dit gedoen moet word, die kortste pad, die volgorde van gebeure...
Gister weer het ek een honderd en tien dinge om in die stad te doen. Ons normale parkeergebou is alweer onder konstruksie en ek kry parkeerplek soos 'n kilometer van daar af. So is dit toe ook heelwat later toe ek die landdroshof bereik. Die fraaiste klein dogtertjie loop grootoog en staar omkyk-omkyk vir my (dat ek wonder of dit is omdat ek vir haar geglimlag het en of daar nie dalk iets met my voorkoms fout is nie) terwyl ek instap. Vir een of ander rede gaan daardie metaalverklikker af en ek moet horlosie en sonbril afhaal. Glimlag en waai, glimlag en waai. Ek weet nou nog nie hoekom dit afgegaan het nie...
Oppad na waar ek die dagvaarding in my besit moet gaan "stamp", besef ek die pakkies is nie gestaple nie. So, toe ek by die "stap"-plek kom, sien ek van die dames wat hofdatums uitreik en ek sê: "Excuse me. Do you have a stapler." Sjoe, ek kan nou redekawel oor die houding waarmee sy toe praat, maar ek het lankal besef sy was eintlik reg. "Don't you greet? You should greet first and then talk to us." So, word ek toe onkant gevang, want ek het nog altyd gedink ek het goeie maniere. Tog, lyk my daar is ruimte om te verbeter. Kan jy glo, ek het my misgis met die staples! Al die tyd was die pakkies WEL gekram en ek het nie eens 'n krammasjien nodig gehad nie, maar dalk wel die preek...
Daar is soveel mense wat my daagliks help en wat werke doen wat sekerlik DIE mees ondankbare werke is. 'n Vriendelike groet en 'n glimlag sal dalk aan die begin 'n daadwerklike besluit wees, maar later sal dit uitdraai om 'n goeie gewoonte te raak.

Thursday, 14 April 2011
My klein vriendinnetjie
Sy lees nie my blog nie en sy comment min op my Facebook updates. Sy het self nie baie updates nie en haal dan ook net mense van haar tissueboks af aan wanneer sy wel besluit om haar status te verander. Maar sy ken my deur en deur. Sy laat my buite beheer lag vir haar slim grappies. Sy het al tissues aangebied wanneer ons hartsake praat en die trane my oorval. Sy is my beste vriendin.
Ons eerste dag in die koshuis in eerstejaar... Ek was bewerig bang en opgewonde gelyk. Pas klaar ge-eerstejaarskamp het ek en my ma en haar suster op en af by die trappe geklim met arms vol bagasie. 'n Meisie het my in die gang gegroet met 'n vriendelike glimlag. Sy sou later vertel dat sy op daardie stadium haarself gemotiveer het om vriende te maak. Later dieselfde dag het die hele eerstejaarsgroep buite op die gras gebondel vir 'n ken-mekaar sessie. Ek en dié vriendelike meisie het saam opgeëindig en moes rug-aan-rug sit en dan mekaar opdruk tot 'n staande posisie. Simbolies genoeg het ons nie hiermee gesukkel nie en dit is nou nog die "trend".
Ek kan nie in woorde hierdie beste vriendin beskryf en geregtigheid teenoor haar laat geskied nie. 'n Genade-geskenk reg uit die hemel, dis wat sy is. 'n Verstaan-my-hart geskenk, 'n beur-my-op geskenk, 'n laat-my-uit-my-maag-uit-lag geskenk, 'n sussie van 'n ander ma!
Vanaand bel sy my weer en druk na twee ure per ongeluk die foon dood. Twee ure? Ek kon dit nie glo nie. Met hoeveel mense kan jy praat vir daardie tyd en voel asof daar nog soooo baie is om te sè? En dan bel sy nog terug en praat nog twintig minute en groet dan maar omdat die vaak oorhand kry!
Nee, kyk, ek hoop jy het jou vriend/vriendin met wie jy gereeld kan gesels oor net mooi alles in die lewe, sonder om te voel enige iets was onnodig. Soos dat Cindy Nel nou swanger is en Rudi 'n nuwe medesanger het. En natuurlik, daai vriend of vriendin wat eerste hartsake praat en nie bang is om na die seer te luister nie. Want elke mens is dit werd om so iemand te hê en jy is 'n mens! Maak moeite met jou vriende, want hulle is geskenke aan jou. En luister vir daai stemmetjie wat jou herinner aan 'n vriend of vriendin. Dis moontlik dat hy of sy net nodig het om te voel daar word aan hom of haar gedink.

Subscribe to:
Posts (Atom)