Beautiful Boklammetjie

Beautiful Boklammetjie

Tuesday, 25 October 2011

Jou dag is...wat..BLOU?

Mmmm, jy kom by die toegangshek by een of ander winkelsentrum en kan nie die knoppie bykom nie.  Recalculating...sit motor af, maak die deur oop en gryp vies die toegangskaartjie.  Nou wil jy iets pragtigs koop by die winkel, maar die kaartmasjien werk nie.  Recalculating...hardloop na die OTM en vang jouself in 'n omstrede lang ry.  Ugh! 

Vanoggend gebeur daar ook weer so iets wat nou net nie loop soos wat ek dit beplan het nie en ek ruik my eie selfsug raak.  Ek parkeer weer 'n myl ver en stap die helfte van die myl oppad na waar ek moet wees voor ek besef ek het 'n dokument in die motor vergeet.  Op hierdie stadium begin sin weer terug in my brein in syfer...kyk rond, jong.  Jy het seker nou net iets gemis wat mooi was.  Ek sien pragtige jakarandabloeisels en kyk twee keer na die kleuterskool wat pouse hou...jillende kinders is oral op die terrein besig om mekaar te jaag of te gly of net rug-aan-rug te sit en niks eens te sê nie.

Oppad terug verkyk ek my sommer weer aan die kinders en die bloeisels en nou ook sommer die ander karakters op straat.  Die verskeidenheid is asemrowend.  Dit roof my van my asem.  Swart en bruin en wit en selfs oosters.  Wit motors, rooi motors, groen motors, geblomde motors, gebreekte motors...  Aktetas-draers, hoë-hak trotse dames, karwagte, groot-oog kleuter aan ma se hand... 

Jy sê jou dag is blou?  Toegegee, dit gaan nie altyd goed nie, MAAR  jy mag nie toelaat dat die motor wat jou na 'n amperse ongeluk lei jou bui bepaal nie.  Jy sê dis nie jou dag nie?  Jy is reg - die dag behoort nie aan jou nie.  Dis die Here s'n!  Let's rejoice in it!  Recalculating...JY HET 'N WONDERLIKE DAG EN IEMAND OM DAARVOOR TE DANK!

1 comment:

  1. :) Janee, mooi gedagte. Dis beslis 'n feit dat mense maar per verstek dinge relatief sien, met ander woorde: hoe was/is jou dag in vergelyking met jou gemiddelde dag? Dis so met baie dinge en het deur die bank die effek dat ons soms vergeet om dinge te waardeer en ons "take things for granted". Dis regtig goed om jouself soms te skop op die louere en te herinner dat jy soveel het om oor bly te wees.

    ReplyDelete