'n Moegheid het my gister dwars oor my hele wese geslaan. Nie omdat dit sleg gaan nie, maar net 'n sameloop van omstandighede en toe die moegheid. Ek pluis dit toe ook vir myself uit...diagnose: moegheid. Medisyne: finesse se "Ek is 'n lewende bewys van..." Stories, 'n rustige aand en vroeg gaan slaap. Dan sal die week verder makliker wees. Na 'n lang wroeging oor of dit soms vir mens beter kan wees om tyd alleen te spandeer as om sel toe te gaan, kanselleer ek my sel en maak myself gemaklik met die Finesse...
So begin ek toe met 'n nuwe vriendin te gesels op BlackBerry Messenger en ek vertel haar nog van my plan van nuwe krag en dat ek daarom nie kan gaan koffie nie. Tog, na 'n langerige tydjie se gesels, maak dit nie meer sin nie. Ons kon netsowel gaan koffie drink het...een ding lei na 'n ander. Pajamas inruil vir meer publieke uitrusting, vat die pad Menlyn toe en vind my vriendin vir daai nimmereindigende, massiewe cuppicinos.
Almal weet nou al dat die warmte van 'n koffie deurspoel na die gesprek wat daarmee saamgesels. Die warmte hou net aan, al verdwyn die koffie. So ja, ons gesels tog te lekker. Tussendeur merk ek 'n middeljare-plus oom wat oorkant ons sit met sy tydskrif. So nou en dan kan ek sien hy kyk na ons kant toe, so ek wonder toe effens ongemaklik by myself wat hoor hy en wat dink hy? My vriendin draai ook kort-kort om, want sy voel ook hy luister. Dis eers toe ons heelwat later besluit om te loop dat hierdie oom vir ons 'n seën word...
Soos ons verby hom stap, merk hy op dat ons darem te lekker kan gesels. Hy het glo 'n paar dinge geleer uit ons pratery! Ons lag en vra of hy dan nie dalk vir ons ook iets wil leer nie. Hy vertel ons aanvanklik van gesondheid en hoe ons meer yster kan kry, maar toe raak ons praat heelwat dieper. As jy my ken, moet jy my maar eendag meer hieroor vra, maar vir nou moet jy weet dat ek en my vriendin albei diep geraak is deur hierdie oom. Ons kon na die tyd maar net weer die gevolgtrekking maak dat die Here ons BAIE lief moet hê om op so 'n manier met ons harte deur 'n wild vreemde man te praat. Vandag het ons baie gehad om oor te dink, maar een van die dinge waaroor ek wonder is op hoe baie sulke tipe geselsies ons uitmis omdat ons nie oop is vir ander mense nie? Daar is grense om ons omdat ons leer om nie mense te vertrou nie. Maar ek vertel jou nou dat hierdie oom, wat heeltemal onbekend was aan my, die mees sinvolle gesprek van die afgelope maand met my gehad het...en in my hart lê daar vandag vrede en hoop. :)
Ek het toe my eie storie gekry - Ek is 'n lewende bewys daarvan dat daar iets soos 'n onwaarskynlike aanraking is in die vorm van 'n vreemdeling se woorde.
'n Introvert herlaai hul energievlakke deur iets op hul eie te doen OF deur tyd met 'n enkele vriend(in) te spandeer. Dit klink asof dit presies is wat jy gedoen het. Ek en C het ook al hierdie ervaring gehad dat tyd saam met een persoon jou batterye laai.
ReplyDeleteEk sal graag wil hoor wat die oom ges e het, as jy my wil vertel.
Groete
p
NS. Gaan niemand nou ooit weet iets "comment" nie? Ek dink die maklikste manier is om 'n Google-account te skep en dan daarmee in te teken (Sign in). As jy van gmail gebruik maak het jy reeds 'n Google-account... As jy klaar ingeteken het kan jy comment.