As uitvloeisel van my intense siekbed van gister, besluit ek toe vanmiddag om my gunsteling groentesop te maak. Daar kan nie iets beter vir die gestel wees nie. Dis 'n vloeistof. Dis vol vitamines. Jy kan dit lekker warm eet en bedien. So staan en sloof ek myself toe vir myself af voor die stoor...
Net met een ding moet mens jou nie misreken met groentesop nie, en dis nou die tyd wat dit neem om allerande groentes op te "chop". {Vir een of ander rede het ek gedink dat iemand soos ek sekerlik verantwoordelik moes wees vir die Mc'Cain advertensie-idee. Iemand het 'n haastige vrou bekyk en gedink hy/sy kan geld maak deur vrouens minder te laat sny.}. Ek het presies 'n uur gehad om die soppie aanmekaar te slaan. Helaas, toe die horlosie se wyser so na Pinkster-dien-tyd toe aantik, moes ek maar vrede wees met 'n bun! Wat 'n teleurstelling!
Glo jy nou maar vir my as ek jou vertel daar lê 'n paar stukkies wortel in ons sitkamer (dis oopplan met die kombuis) en die skottelgoed staan lekker vuil oral rond en roep miere...nee, wag, miere moet slaap, want dis winter! Ek ontdek in kerk dat ek my wysvinger gebrand het en wonder by myself hoe dit moontlik is dat mens so haastig kan wees dat jy nie eens jouself voel brand nie! Genugtig! Les nommer twee vir die sopresep-notaboek: moenie hastig wees met groentesop kook nie, want jy kan jouself verniel.
Die groentesop-storie het my al op 'n vorige geleentheid ook 'n les geleer en dit is dat jy liewer moet vries as in die yskas bêre. Dis of dit, of jy moet 'n groepie vriende oornooi om te kom help eet. Komplimente aan Leéf tydskrif vir 'n wenresep! Dit was nog elke keer lekker...al is dit ook met haas(nie die tipe met ore nie!) gemaak. En dis nou nie hierdie maand se Leéf nie, maar jy kan gerus die tydskrif koop. Dis baie oulik!
Jy kan sommer die bestandele ook vries! Ek het die naweek patat chips gesny en 1/3 daarvan gevries en later gemaak. Dit neem ons toe twee maaltye om EEN patat op te eet.
ReplyDeleteSal jy dalk die groetesopresep vir my kan stuur?