'n Moegheid het my gister dwars oor my hele wese geslaan. Nie omdat dit sleg gaan nie, maar net 'n sameloop van omstandighede en toe die moegheid. Ek pluis dit toe ook vir myself uit...diagnose: moegheid. Medisyne: finesse se "Ek is 'n lewende bewys van..." Stories, 'n rustige aand en vroeg gaan slaap. Dan sal die week verder makliker wees. Na 'n lang wroeging oor of dit soms vir mens beter kan wees om tyd alleen te spandeer as om sel toe te gaan, kanselleer ek my sel en maak myself gemaklik met die Finesse...
So begin ek toe met 'n nuwe vriendin te gesels op BlackBerry Messenger en ek vertel haar nog van my plan van nuwe krag en dat ek daarom nie kan gaan koffie nie. Tog, na 'n langerige tydjie se gesels, maak dit nie meer sin nie. Ons kon netsowel gaan koffie drink het...een ding lei na 'n ander. Pajamas inruil vir meer publieke uitrusting, vat die pad Menlyn toe en vind my vriendin vir daai nimmereindigende, massiewe cuppicinos.
Almal weet nou al dat die warmte van 'n koffie deurspoel na die gesprek wat daarmee saamgesels. Die warmte hou net aan, al verdwyn die koffie. So ja, ons gesels tog te lekker. Tussendeur merk ek 'n middeljare-plus oom wat oorkant ons sit met sy tydskrif. So nou en dan kan ek sien hy kyk na ons kant toe, so ek wonder toe effens ongemaklik by myself wat hoor hy en wat dink hy? My vriendin draai ook kort-kort om, want sy voel ook hy luister. Dis eers toe ons heelwat later besluit om te loop dat hierdie oom vir ons 'n seën word...
Soos ons verby hom stap, merk hy op dat ons darem te lekker kan gesels. Hy het glo 'n paar dinge geleer uit ons pratery! Ons lag en vra of hy dan nie dalk vir ons ook iets wil leer nie. Hy vertel ons aanvanklik van gesondheid en hoe ons meer yster kan kry, maar toe raak ons praat heelwat dieper. As jy my ken, moet jy my maar eendag meer hieroor vra, maar vir nou moet jy weet dat ek en my vriendin albei diep geraak is deur hierdie oom. Ons kon na die tyd maar net weer die gevolgtrekking maak dat die Here ons BAIE lief moet hê om op so 'n manier met ons harte deur 'n wild vreemde man te praat. Vandag het ons baie gehad om oor te dink, maar een van die dinge waaroor ek wonder is op hoe baie sulke tipe geselsies ons uitmis omdat ons nie oop is vir ander mense nie? Daar is grense om ons omdat ons leer om nie mense te vertrou nie. Maar ek vertel jou nou dat hierdie oom, wat heeltemal onbekend was aan my, die mees sinvolle gesprek van die afgelope maand met my gehad het...en in my hart lê daar vandag vrede en hoop. :)
Ek het toe my eie storie gekry - Ek is 'n lewende bewys daarvan dat daar iets soos 'n onwaarskynlike aanraking is in die vorm van 'n vreemdeling se woorde.
Beautiful Boklammetjie
Thursday, 30 June 2011
Sunday, 26 June 2011
Wil jy dans?
Daar is vir my in hierdie lewe min dinge so mooi soos 'n ou en meisie wat saam dans. Die ou lei en die meisie volg. Min meisies sal dit so wil sien, maar 'n meisie is eintlik totaal uitgelewer aan die ou se bestuursvernuf. Hy keer dat sy in iemand vasdans en wanneer hy haar dip, keer hy dat sy val. Die meisie kan eintlik in so 'n oomblik maar net agteroorval en hoop die man is sterk genoeg...en dan selfs 'n plesier-gilletjie gee, want nie een meisie kan dit ontken nie - die dip is die lekkerste gevoel!
So droom ek een aand dat ek 'n ou ontmoet en ons is op daardie stadium van leer mekaar beter ken. Daar was 'n openlikheid tussen my en die ou. Ek het byvoorbeeld geweet hy hou van my en wil nou meer wees as vriende. En ons is by 'n dans en hy vra my vir 'n spin. O, en ewig die skaam meisie, kan ek net nie in die man se oë kyk nie, so ek kyk af voete toe. Die ou was egter 'n selfversekerde jong man wat my ken oplig en vir my sê: "Hoekom is jy so skaam vir my? Kyk in my oë - ek sal jou lei." Hoogs romanties, né? Dis egter nie hoekom ek die droom met julle deel nie.
Die droom het my herinner aan my verhouding met God. Soms is ek (en jy dalk ook?) "skaam" vir Hom en besef ek nie hoe "persistent" hy met my hart werk nie. As Sy Gees ons eers in Sy arms het, wil Hy hê ons moet ons laat lei waar Hy wil dans. Ons moenie eens afkyk na ons voete en probeer sien of ons die regte treë gee nie. Ons moet IN Sy oë kyk en Hom vertrou! Ook met die dips, want Sy arms is sterk genoeg om ons te vang op 'n manier dat dit ons met die beste wow-gevoel sal los, terwyl ons verwag het om te val!
Die lekkerste dans is wanneer jy net totaal oorgee en die ou volg, sonder om te dink oor wat sy plan is, sy volgende beweging. So, glo ek, sal dit ook met die Heilige Gees wees - volg Hom sonder bedenkinge en sonder om te probeer verstaan wat die volle prentjie is, want daar is 'n volle prentjie en wanneer jy eendag terugkyk sal jy sien dit was 'n dans saam met jou Hemelse Vader!
En ouens, dalk identifiseer jy moeilik met die danser wat moet volg. Dink 'n bietjie hoe lekker dit is om in beheer te wees van 'n dans en ook wanneer die meisie jou net volg. Gun dit vir God om so te voel oor JOU!

Monday, 20 June 2011
Wat drink jy?
Hmmmm, die geur van koffie het baie konnotasies en vir my is hulle almal min of meer GOEIE konnotasies. Ek het begin koffie drink as eerstejaarstudent wat net nie meer kon bekostig om altyd die duurder lemoensap of hot chocolate te bestel nie. Dit was iets wat ek vir sosiale redes gedoen het. In daardie dae was dit Ricoffee, twee suiker en geen melk nie, want ek het toe ook nie 'n yskas gehad om melk in te bêre nie... Deesdae vat ek hom met een suiker en melk (nou kan jy my nooi vir enetjie) en dit was ter wille van die figuur.
Tee, weer, het ek begin drink omdat my beste vriendin geweier het om haar kamer soos koffie te laat ruik! Ter wille van die vriendskap het ek die opoffering gemaak. Dis immers ook meer gesond...blykbaar.
Dan word mens blootgestel aan beter koffie - Nescafé, Jacobs, filterkoffie... Trappe van vergelyking vir koffie-geluk.
Maar jislaaik, mensies, dis die gesprekke wat saam met daai koffie en tee gaan wat selfs sin gee aan Frisco! (Frisco is ekonomies!!!). Toegegee, koffie help ook met wakkerbly, maar vir my is die ware sin in koffies steeds daai sosiale redes. Koffie bring mense bymekaar en hou hulle vir 'n wyle saam. Daai gepsrekke is die kaffeïne van die siel! Soos ek hier in my deurmekaar kamer sit en skryf, hoor ek my niggie-woonstelmaat en haar vriendin se koffie-gesels-stemme en ek sê vir julle, daai twee vriendinne gaan vanaand met rustiger harte slaap.
Die warmte wat mens raakvat aan 'n koppie tee of koffie is so simbolies van die warmte in 'n gesprek. Vind 'n mens. Vind 'n sonkol. Gee vir daai mens 'n koppie warmte en jy sal vind dat jou dag lekkerder is.
Sommer vir die lekker haal ek 'n reëltjie uit die musiekgroep, Kaleidoskoop se liedjie, Bittersoet van koffie, aan: "Nou rook ek koffie in die oggend, snuif koffie in die aand, eet koffie op my brood en drink koffie in my slaap, want ek is verslaaf aan die kaffeïen. Of eerder, verslaaf aan jou." Dis verseker eerder 'n verslawing aan mense en nie die inhoud van die koppie nie. So, nou, met wie gaan JY vandag koffie drink?

Friday, 17 June 2011
Doodgewoon-uniek
Kom ek vertel jou meer van myself. Ek sien myself as doodgewoon...lengte, breedte, gewig, hare, oë, skoengrootte, blah-blah-blah... Maar wat is gewoon nou eintlik? Dis 'n relatiewe begrip! Gewoon, normaal, gemiddeld, eenvoudig, plein... Nie juis 'n label wat mens wil dra nie, of hoe?
Vier en 'n half maande gelede trek ek Pretoria toe. Eerlikwaar, nie omdat ek wou nie, maar omdat ek werk hier gekry het. Ook het ek geglo dat ek enige plek gelukkig kan wees en dat daar 'n ongemaklike aanpassing sal wees...wat ook verby sal gaan. God gaan mos oral saam en Hy is in beheer. Inderdaad.
Tog maak ek nie so maklik vriende nie... Ek is gereserveerd, behalwe wanneer ek voel ek het daai ruimte om die willewragtag uit my uit te haal. So, dit gebeur toe dat ek verlede week op 'n kerkkamp gaan met 'n naïewe verwagting - dat ek net sal kan "chill" en geestelik gevoed word en wegkom uit Pretoria.
Die kamp draai toe uit om soveel meer as net dit te wees, alhoewel dit oorgenoeg sou wees. Ek vind daai ruimte om myself te wees en lag myself verby pap vir 30 Seconds verduidelikings en sommer net gesprekke. Ons gesels diep en ver en naby en drink koffie tot more oggend! Ek het nie eens 'n kamera gevat nie, want in my kop sou daar nie iets wees om af te neem nie. My een selgroepmaatjie neem egter gedurig foto's, tot my spyt soms - wanneer ek beskuit in my mond het, wanneer die son my voorkop tot 'n frons verkreukel, wanneer 'n kind op my nek sit en haar handjie voor my mond hou sodat ek dit kan blaas, maar moenie glo dis 'n mooi foto nie.
Een ding lei tot 'n ander. 'n Klompie fantastiese jong mense vind mekaar, drink saam koffie en reël 'n braai, met 30 Seconds. Ek verbaas my oor hoe maklik gemaklik is en hoe die Here my seën met die klompie! En daai vriendin, sy neem toe 'n foto van my waarvan ek self baie hou en ek wonder by myself...is daai meisie wat so toe-oë lag doodgewoon? Is ENIGE iemand doodgewoon? Ag, g'n niks nie, man! Ons is almal uniek en VERDIEN die ruimte om daai uniekheid te kan uitleef! Just do it... Nie doodgewoon nie, nie plein nie...spesiaal, kosbaar, doelbewus geskape...

Thursday, 16 June 2011
Moenie uitmis nie!
Dis ook maar net per ongeluk, in die verbygaan, terwyl ek JacarandaFM luister, dat ek hoor dis weer sulke tyd vir die maan - maansverduistering. Nogal 'n algehele maansverduistering... So maklik mis ek hierdie tipe goed, want ons het nie 'n TV nie en koerantlees was nog nooit een van my gunsteling tydverdrywe nie, alhoewel ek dit nou meer doen as in my prille jeug! :)
So, toe my liewe vriendin van Potch af kom kuier op hierdie spesiale dag, besluit ons om die HELE vertoning van die grasperk buite ons woonstel te kyk. Dis stoele en duvet en slaapsak en serp en ons soek vir ons 'n semi-beskutte hoekie uit.
Van skuins onder af bekruip die eerste skaduwee die maan en stadig maar seker eindig dit af in 'n geskadu'de maan, grys en tog nog goed sigbaar. In leke taal het daar toe 'n meer intense skaduwee oorgekom en die maan het rooierig verkleur - ongelooflik. Ons kon nie anders as om aan al die skeppingsliedere te dink, en selfs te sing nie. Wat toe gebeur het, is dat die son-maan-aarde perfekte lyn gebreek is en die son weer agter die aarde uit begin skuif het sodat die maan weer van skuins onder af al hoe ligter word en toe weer sy normale "shiny" self.
Deur dit alles gesels ons tweetjies land en sand oor dit en dat, maar die sentrale tema bly daardie Skepper wat ons een keer in 11 jaar bederf met 'n algehele maansverduistering. 49miljoen mense kon kyk na sy spesiaal gereëlde vertoning, met die voorprente in die vorm van die sterre en 'n asemrowende volmaan en advertensies in die vorm van 'n verskietende ster. WIE kan so 'n groot show reël EN bekostig om nie toegangsfooie te vra nie? WIE het die talent om aandag te gee aan soveel detail?
Lees gerus deur die woorde van die liedjie "Indescribable" van Chris Tomlin (en ander gospel bands):
"From the highest of heights to the depths of the sea
Creation's revealing Your majesty
From the colors of fall to the fragrance of spring
Every creature unique in the song that it sings
All exclaiming
Indescribable, uncontainable,
You placed the stars in the sky and You know them by name.
You are amazing God
All powerful, untameable,
Awestruck we fall to our knees as we humbly proclaim
You are amazing God
Who has told every lightning bolt where it should go
Or seen heavenly storehouses laden with snow
Who imagined the sun and gives source to its light
Yet conceals it to bring us the coolness of night
None can fathom
Indescribable, uncontainable,
You placed the stars in the sky and You know them by name

Incomparable, unchangeable
You see the depths of my heart and You love me the same
You are amazing God
You are amazing God"
ONS SKEPPING IS 'N EGGO VAN GOD SE SKEPPER-HART. HOE MOOI EN GOED EN REG IS ONS SKEPPER SE HART DAN NIE?
Die maansverduistering het my baie aan God se genade ook laat dink. Dis vir almal beskikbaar, maar nie almal maak gebruik van die geleentheid nie. Dis 'n geskenk wat elkeen van ons kan oopmaak. Kyk, jy kan nog die maansverduistering mis en dis okay, maar moenie uitmis op God se genade nie! Dis verniet en dit maak al die verskil in die wêreld...en in die lewe hierna! En as jy reeds genade so 'n bietjie verstaan, wees die JacarandaFM van genade en vertel ander daarvan...

Tuesday, 14 June 2011
Dis 'n straatlewe
Victoriastraat... Matiestudente wemel soos miere op en af tussen klasse en groet mekaar so sydelings wanneer hulle verby mekaar (klas)draf. Die nuutste modetendense kan hier dopgehou word. Die akkerbome tik die seisoene af, met die mooiste bruin herfsblare en die lowerste groenes aan die begin van somer. So was dit dan dat, na 6 jaar op Stellenbosch, hierdie straat vir my 'n gunsteling geword het vir ontmoetings met mense, maar ook met die Skepper van die skakerings.
Ek sou letterlik met 'n lied in my hart afstap Ou Hoofgebou toe en so gelukkig voel wanneer 'n blaar reg voor my in die wind begin dartel, dartel en hom dan gryp en glimlag. So het God my spesiaal laat voel wanneer ek liedjies in my kop vir Hom geneurie het en met Hom gesels het.
En dis asof ek daar vasgehaak het en God nie Sy ereplek in Pretoria wou gee nie. Totdat ek een dag, so twee weke gelede in Pretoriusstraat ry en 'n menigte klein blaartjies van die bome (waarvan ek die naam nog nie ken nie, maar dis NIE Jakarandas daai nie) sien val, soos fyn confetti op 'n troue oor die getroude paartjie. Dit tref my toe dat God hier ook in die strate met my wil gesels. Net omdat ek nie meer stap nie en tussen miljuisende motors deur moet ry, beteken nie ek kan nie die geselsies van ouds geniet nie.
Vandag het my oë weer oopgegaan vir die verskeidenheid mensies op straat en ek is beïndruk met ons land. Daar was onder andere die volgende mense wat my verbeelding aangegryp het: die stokou blanke tannie wat haar handsak STYF onder die blad vasdruk in by PEP Stores, die kwartjarige bruin man met sy Afro-style hare, bellbottom jean en baadjie, die ouerige swart omie met sy skuifelstappie op die kierie en trotse hoed op sy kop, die jong swart meisie jeugdig-modieus aangetrek in skinny jeans en kleurvolle hempie, straatveërs, straatverkopers, motorwagte, ID foto-nemers... Noem dit en jy sal dit kry in die middestad.
Nee, ek is nie 'n stadsmeisie in my hart nie, maar wraggies, dit begin 'n leefstyl word. Ek kan rebelleer...of ek kan integreer...die jong, blanke kandidaat-prokureur-meisie met die lêertjie onder die blad wat oplettend rondloer wat sy vandag op straat kan raakloop oppad na die Hooggeregshof, Meester se kantore, CIPRO se kantore, Binnelandse sake...

Friday, 10 June 2011
"Queue here"
"Hate is such a strong word. Rather say you STRONGLY dislike something." - my graad 8 Engelse juffrou oor hoe maklik ons die woord "hate" in ons mondelinge gebruik het. So, nou praat ek nie meer van haat nie, maar daar is 'n paar dinge in my klerikale lewe wat ek nie baie van hou nie...
Soos wanneer ek 'n lêer in die hof (wil) gaan trek en 'n hele string klerke wag reeds baie lank om hul "requests" in te gee. Tog is daar in die hooggeregshof se argiewe 'n paar interessante karakters en 'n paar mensies wat erg trots is op hul werk. Ek het 'n sagte plekkie in my hart vir Charlotte met die kopdoek wat altyd een of ander klerk probeer help met 'n lêer en 'n smile en dan vra jy moet vir haar 'n Coke gaan koop, want die foon hou nie op lui nie.
Of wanneer jy by CIPRO of die Meester se kantore kom en iemand keer jou voor om jou handsak deur te soek. Hulle kyk altyd so halfhartig en dan wonder ek hoe groot die ding is waarvoor hulle soek. Dit moet 'n geweer wees of die Cullinun diamant (nee, wag, is hy nie opgesny en in die koningin van Engeland se kroon aan die skitter nie?) of ten minste iets voor-die-handliggends, want daar word nie lank gekyk nie. Tog is ek dankbaar vir 'n paar van die vrouens wat so mooi my handsak toegezip het! {Voeg glimlag hier in}
Sal ek dit waag om die P-woord te noem? PARKERING is 'n groot probleem. Soms parkeer ek dan kilometers van waar ek moet wees en stap my beentjies af! En dan, net om die hoek, vind ek 'n parkeerplek wat nie nou net oop was nie en ek kry so séér in my diepste wese en stap maar met my ken in die lug verder.
Dan is daar die immergewilde bordjie wat sê: "Queue here". Demotiverend soos min. Vandag toe ek hom sien (en die lang ry waarby ek moet inval) dink ek aan daai versie - kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is, Ek gee rus. Daar is 'n bordjie by ons Vader wat sê kom queue hierso. Ek het plek vir jou. Kom los daai goedjies wat jou pla en RUS...

Sta-Soft en ander dinge wat jou wasgoed raak
Wat bedoel mnr Chameleon wanneer hy sing van die klein-klein jakkalsies wat krap? Ek kan net wonder of vuil skottelgoed nie een daarvan is nie. Of dalk het hy spesifiek vuil wasgoed in gedagte gehad? So 'n wasgoedbondel bekruip jou mos op die onmoontlikste tye, soos 'n dief in die nag. Jy beplan so mooi wanneer jy tyd sal hë daarvoor, dan val tienduisend dinge voor en jy begin wonder waar die naaste wassery is. Nie omdat jy twyfel in jou eie vermoëns nie, maar omdat jy nie 'n tuimeldroër het nie en die koue omstandighede buite dra nie by tot droë klere nie. Dan onthou jy weer die Laundromat is nie deel van jou finansiële begroting nie, so wysheid beduie jou in die rigting van 22h00 in die nag in die koue rondharloop om klere op te hang. Dan wonder jy weer of jy genoeg Medlemons het vir ingeval die verkoue jou nou beetkry. Beter nog, jy wonder oor jou eie "sanity" en was sommer die skottelgoed ook!
Om wasgoed te was is beslis nie een van my gunstelinge nie (dis natuurlik deel van die penarie wat my vanaand na bybelstudie(en bedtoe-gaan-tyd) getref het), maar die reuk van skoon Sta-soft klere is heerlik! En om vir 'n week of wat nie meer te bekommer oor vuil klere nie, is 'n bonus. :)
So lyk dit my het elke slegte ding wat tyd opslurp ook sy goed en mooi! Nou sal ek darem gaan kamp met skoon klere. Of dit sal droog wees teen paktyd, is natuurlik 'n ope vraag.

Wednesday, 8 June 2011
Klein dingetjies
Koue hande, warm liefde. So sê hulle. Wat van koue voete? Kyk, om koue voete te kry, is nie 'n mooi ding nie, want trou is nie perde koop nie! Letterlik is koue voete nie 'n lekker besigheid nie en dit was vandag my voorland.
Almal het my altyd vertel hoe Gauteng net die beste weer het en dat dit donderstorms reën en dan is dit tjoef-tjaf verby. Vandag het ek 'n uitsondering op die reël gesien en beleef. Dit was kompleet asof ek weer klasdraf op Stellenbosch se rooi-baksteen Victoriastraat. Jy kon my vandag hóór aankom met my sjloef-sjloef papnat skoene. Ek het so skaam gekry! Genugtig! Hahahahaha!
Ek kla op Facebook dat dit reën en my een vriend herinner my daaraan dat hy motorfiets ry, terwyl ek 'n maatskappy-motor het. Ek was vandag net so dankbaar vir my "maatskappy-sambreel" wat my baas in my hand gestop het voor ek stad toe is. Ek sou wraggies sukkel om die positiewe in te sien met nat hare en gesquashte makeup (nie dat ek in elk geval tevrede was met vandag se poging nie)! Ek wil nie eens dink oor die nat papiere nie. Wat 'n gemors!
Nou is dit alweer bibber-koud. Iemand het iets gesê van sneeu in Johannesburg? Vanaand toe ek by my tannie wegry, sien ek een van die manlike sekuriteitswagte het 'n definitief-pienk serp aan. Koue vra nie watse kleur jou serp is nie, hy vra net jy moet hom aantrek! Ek het hom gekomplimenteer op sy serp en toe 'n heerlike warm glimlag gekry! :) Dis die klein dingetjies waarvoor mens dankbaar kan wees!

Tuesday, 7 June 2011
Eet jou groente!
As uitvloeisel van my intense siekbed van gister, besluit ek toe vanmiddag om my gunsteling groentesop te maak. Daar kan nie iets beter vir die gestel wees nie. Dis 'n vloeistof. Dis vol vitamines. Jy kan dit lekker warm eet en bedien. So staan en sloof ek myself toe vir myself af voor die stoor...
Net met een ding moet mens jou nie misreken met groentesop nie, en dis nou die tyd wat dit neem om allerande groentes op te "chop". {Vir een of ander rede het ek gedink dat iemand soos ek sekerlik verantwoordelik moes wees vir die Mc'Cain advertensie-idee. Iemand het 'n haastige vrou bekyk en gedink hy/sy kan geld maak deur vrouens minder te laat sny.}. Ek het presies 'n uur gehad om die soppie aanmekaar te slaan. Helaas, toe die horlosie se wyser so na Pinkster-dien-tyd toe aantik, moes ek maar vrede wees met 'n bun! Wat 'n teleurstelling!
Glo jy nou maar vir my as ek jou vertel daar lê 'n paar stukkies wortel in ons sitkamer (dis oopplan met die kombuis) en die skottelgoed staan lekker vuil oral rond en roep miere...nee, wag, miere moet slaap, want dis winter! Ek ontdek in kerk dat ek my wysvinger gebrand het en wonder by myself hoe dit moontlik is dat mens so haastig kan wees dat jy nie eens jouself voel brand nie! Genugtig! Les nommer twee vir die sopresep-notaboek: moenie hastig wees met groentesop kook nie, want jy kan jouself verniel.
Die groentesop-storie het my al op 'n vorige geleentheid ook 'n les geleer en dit is dat jy liewer moet vries as in die yskas bêre. Dis of dit, of jy moet 'n groepie vriende oornooi om te kom help eet. Komplimente aan Leéf tydskrif vir 'n wenresep! Dit was nog elke keer lekker...al is dit ook met haas(nie die tipe met ore nie!) gemaak. En dis nou nie hierdie maand se Leéf nie, maar jy kan gerus die tydskrif koop. Dis baie oulik!

Subscribe to:
Posts (Atom)