Melia,
Jy moes pragtig gewees het, want God maak net mooi. Alle dogtertjies is mooi en het spesiaal binne hulle ingebed.
Ek het so 3 maande terug van jou gehoor. Dit was 'n groot geheim. Jou oom het my van jou vertel. Jou ma-hulle het uitgevind hulle is swanger met jou, maar wou nog eers wag met die nuus tot jy bietjie groter was.
Ek het begin dink oor jou - of jy 'n seuntjie of dogtertjie was en hoe jy sou lyk. Hoe sou jy almal se lewens verander...veral jou mamma en pappa s'n. Jy was van die begin af 'n goeie gedagte.
Toe het ons geskrik, want jou mamma het begin bloei. Ons het gebid en jy was veilig om verder te groei. Hulle het erg opgewonde begin raak en op Facebook gedeel dat jy verwag word...jou mamma het 'n foto geplaas van jou hondeboeties wat 'n swangerskapsboek "lees".
Toe vind hulle uit jy is pienk...ooo, die opgewondenheid. Jou 4D scan. Perfek tot die laaste selletjie toe. En jy het 'n naam gekry.
'n Week terug het jou mamma kontraksies begin kry. Jou oupa het gebel om die nuus oor te dra. Ons het weer hard gebid. Ons wou jou so graag binne hou. Dinge het gestabiliseer en ons was verlig. 'n Dag later het ons weer groot geskrik, want jou mamma het weer kontraksies begin kry. Jy het glo jou beentjies opgetrek en 'n groot wonder het gebeur. Jy het binne gebly.
Ek het geen idee nie, maar ek dink jou mamma en pappa was baie bekommerd en baie emosioneel. Jou mamma moes bedrus doen vir die res van haar swangerskap. Jy, op 22 weke, moes nog baie groei. Dit was 'n rowwe week, maar dinge het okay gelyk.
Jy sal nie glo hoeveel mense wat nie jou mamma of pappa ken nie, het vir jou en vir hulle gebid. Dis hoe jy 'n horde mense bymekaar gebring en herinner het aan die krag van gebed. Jy weet dit nie eens nie, maar dis hoe amazing jy is.
Gister is jy gebore en die lewe buite jou mamma was te moeilik en te uitdagend vir jou. Jy is weg. Miskien soos 'n asempie, maar vir ons wat bietjie nader was en vir die wat gebid het, is jy vir altyd 'n groot getuienis en 'n herinnering.
Die krag van gebed lê nie in die uitkoms nie. Dink daaroor. Net omdat jy nie leef op aarde nie, maak nie dat daardie gebede verniet gebid is nie. Ek weet dat 'n klomp mense nou nader aan God is en dit, my skat, was ook jou toedoen. Die krag van gebed lê daarin om naby God te wees met al jou begeertes, probleme, hoop, teleurstellinge, met al jou emosies. Ons ander bid nog net so baie vir jou mamma en pappa.
Ek sou bitter-bitter graag met my hele hart wou hê dat jy hier by ons moes lewe, maar dit was nie so beskik nie. Elke herinnering aan jou sal altyd vir my mooi wees omdat jy 'n reine ou kindjie was vir wie God so bitterlik lief is. Hy jubel en juig oor jou en ek wonder of Hy nie op hierdie oomblik dalk met jou gesels nie, want jy LEWE.
Ek bid vir jou mensies. Hulle is baie seer en gebroke. Ons hoop en vertrou dat God wat vir jou so baie lief is vir hulle 'n ander kindjie sal stuur om saam met hulle op aarde te lewe. Nie om jou te vervang nie, maar om ook vir jou ouers die kans te gee om 'n kindjie op aarde groot te maak vir Hom, 'n kindjie wat vir hulle goed kan wees.
Mag jou gees rustig by God rus.
Baie liefde,
'n Tannie wat uitgaan met jou oom (wat vir jou 'n Tigger gekoop het)
Beautiful Boklammetjie
Sunday, 13 September 2015
Tuesday, 31 December 2013
Een, twee, drie, Blog myself...2013 sê koebaai
2013 lê op sy rug en krap sy maag met 'n tikkie nostalgie. Hy loer na die 12 maande soos vir trekwolke deur 'n verkyker.
Januarie het begin met 'n braai saam met geliefde vriende en minder geliefde (meer onbekende) vriende wat hul huis se deure vir ons oopgemaak het. Met 'n gedagte aan die feit dat die gasheer en gasvrou kort getroud is, het ek aan die vroutjie gevra wat dit is wat sy geleer het deur die huwelik wat sy nie voorheen geweet het nie. Haar antwoord het my keel klein bietjie benoud gemaak: jou man sal vir jou al jou "issues" uitwys soos julle huwelik aanstap. In my stilligheid het ek gehoop dat ek alle issues sal kan uitsorteer voordat daar 'n huweliksmaat in my lewe arriveer. Tog het daardie woorde my bygebly en dink ek nou dat dit darem 'n groot voorreg is om deur so 'n tipe heiligmakingsproses te gaan. Die idee van die heiligmakingsproses is bevestig deur 'n preek van ds Cassie Carstens later die jaar. Wat as ons trou sodat ons meer heilig kan word...?
Februarie het die einde van my prokureursklerkskap aangekondig. In daardie beroep het ek ook 'n paar heiligmakings beleef wat nou nie in die huwelik kan gebeur nie. Ek het 'n paar stukkende huisgesinne, mans, vrouens en kinders gesien en 'n kykie in die wrede wêreld waarin ons leef. Februarie het gekom en gegaan en ek was werkloos.
In Maart het ek my 27ste kersie op die koek gekry en ook 'n droë maand gehad waarin werk nie wou kom nie. Ek het by die kerk se restaurant begin werk en ook as aflos juffrou by die kleuterskool uitgehelp. Ek het 'n derde werk as aupair gekry by 'n lieflike gesin in Pretoria. Daar was nie 'n oomblik wat ek nodig gehad het om by iemand anders as my Hemelse Voorsiener te vra vir enige finansiële hulp nie. Ek het selfs 'n Kaapse draai gemaak en 50km van die Two Oceans deur gesukkel.
April was 'n maand vir selfondersoek. Is ek geroep vir die prokureursberoep of was dit tyd vir 'n skuif? Gebede en smekinge het my gelei tot die besef dat ek regtig weer enige iets kan doen. Iets in my was gereed vir 'n nuwe avontuur...
Die avontuur het afgeskop in Mei toe ek by 'n kleuterskool begin werk het. 20 en 21 en later 22 driejariges het my verantwoordelikheid geword. Ek het geen ondervinding gehad nie, net my Hemelse Leermeester om my met wysheid te lei en te leer van die lewe van 'n kind. Wat 'n voorreg en wat 'n reis...een waarop ek NOOIT alleen was nie.
My eerste Mosambiek kuier saam met 'n lekker groep vriende het in Junie gebeur. Soveel uitdagings en soveel nuwe dinge. My hart was in die wolke. Al die uitdagings (van skaaptjops wat vol petrol gemors is tot groot verdwaal in die Mosambiek kant van die Krugerwildtuin) het my net weer geleer watse verskil die mense maak saam met wie jy rondrits. Later kon ons rondlê op sagte strande en grootoog agter kleurvolle visse aan swem. Ook die eenvoudige leefstyl van die inwoners daar het my aangegryp. Ek wil weer gaan!!
Die tweede helfte van die jaar in die vorm van die koue Julie het my herinner aan my pa se heengaan 10 jaar gelede. Ek kon agteruit dink en verlang vir 'n rukkie...maar nooit sonder die hoop van 'n toekoms met my Vader in die hemel nie. Die pad vorentoe lyk nog baie rooskleurig. Ek ontmoet daagliks nuwe mense wat my lewe inkleur (wat nou nie spesifiek tot hierdie maand beperk is nie).
In die maand van die vrou, Augustus, het 'n dierbare vriendin ons uit die stad geneem na 'n dam naby Vrede in die Vrystaat, vir haar 30ste verjaardag. Die uitgenooide dames het vir daardie naweek alles gedoen wat 'n man sou doen, behalwe om my motor ordentlik te pak. Met 'n gesukkel om die kattebak toe te kry weens al die bagasie, het my motor se vlerkie in die slag gebly!
Septembermaand het my laaste energie getap. Dit was tyd vir konsert hou by die kleuterskool. Tussen klere koop, kostuums maak, dansies oefen en daaglikse lewe het ek amper myself vergeet. Ek was tot in my siel in dankbaar toe my ousus my nooi om saam met haar te gaan jag in die Oos-Kaap vir die langnaweek. Ek kon weer rustig word en onthou dat daar 'n lewe buite die gejaag is.
Toe kom Oktober. Die kinders word geassesseer vir hul eindjaar rapporte, die laaste knapie word drie jaar oud. Skielik vreet beplanning weer al my tyd op en moet ek in die aande nog gediggies uitdink en kreatiewe planne maak om die kinders mee besig te hou.
Woerts-warts en dis November. Besig bly ons besig, want rapporte moet mooi lyk en die skool moet lyk soos Kersfees. Ons moet speelgoed voorraadopname doen en die assistente (en juffrouens) raak moeg. Einde ten laaste maak ons ook kerskaartjies en bak koekies vir die oueraande en werk een na die ander eindjaarfunksie in.
Uiteindelik breek Desember aan en die laaste dag van skool laat my weer asemhaal. Dis vakansie! 'n Troue hier en 'n staptog daar. 'n Draai op die plaas en nou is ek in Stellenbosch...was 2013 die moeite werd? Ja, ja, ja!
Hoe lekker is dit nie om aan die einde van die jaar te kan dink oor 'n vol jaar met baie dimensies nie? Ek proe-proe so aan die lewe in oorvloed wat ons hier op aarde kan hê en ek geniet dit met 'n GROOT afwagting, want die hemel gaan soveel meer van dit hê! Gee my nog een! Gee my 2014! :)

Saturday, 3 August 2013
"Is 10 jaar lank, Juffrou?"
Ek onthou toe ek 10 jaar oud geword het, het ek vir my Standerd 2 juffrou gevra of 10 jaar lank is. Ek wou weet of 10 jaar genoeg jare is om 'n beduidende verskil te maak en of my lewe van 10 jaar dan al tel. Sy het geantwoord dat 10 jaar wel lank was en vir 'n tyd was dié kort antwoord vir my bevredigend...my lewe het begin saak maak.
Vandag weet ek presies hoe lank en hoe kort dieselfde 10 jaar kan wees...
10 Jaar is baie herinneringe lank - geloofsbelydenis, 'n pers matriekafskeidrok, die einde van 'n Hoërskool Namakwaland loopbaan, die begin van 'n Matieland ervaring, die einde van 'n eerste liefde, die bou van karakter, gradeplegtigheid, voltooiing van prokureursklerkskap, 'n 180 grade U-draai om kleuterskooljuffrou te word en ALLES tussenin.
10 Jaar is geen meer - ProVita met Marmite, Grunberger Sauvignon Blanc, 1-2-3 wals op 'n troue, nagsê soentjies en drukkies, deur-die-veld-ry trippies met die Isuzu bakkie, rusbank sit, koffie met melk en geen suiker, vaalhoender dieet, kuier om die braaivleisvuur, etes by oom Jopie se kafee, fluit dat die berge antwoord gee, sommetjies op die sakrekenaar om die werknemers se kruideniersuitgawes uit te werk, beesstert potjiekos, lank gesels na biduur, klop aan my kamerdeur met 'n "Nag, Pop!", kerkgeld in my hand, R10 sakgeld, spot-grappies, etenstyd stories uit die ou dae, gestalte van Pappa in die sitkamerstoel, tevrede glimlag oor die bankrekening of drukkie vir Mamma nie...
Nee, toe Pappa gesê het "Ek dink nie ek gaan jou erekleure plegtigheid maak nie", het Pappa onwetend baie waar gepraat. Toe was dit die begin van 10 jaar, 20 jaar, 30 jaar... Die einde van 17 jaar van dogter wees vir my pa, my bloed-pa, my waardes-pa, my aardse pa.
10 Jaar is lank en kort gelyk. 10 Jaar is so lank dat ek bang is herinneringe vervaag en so kort dat trane en snikke steeds 'n realiteit is.
Vandag het ek tevergeefs iets tasbaars van Pappa prober beleef. Pretoria is nie Springbok nie en nog minder is dit Stofkraal. My motor is nie 'n Isuzu bakkie nie. Op my kop is nie 'n springbokvel, breërandhoed nie. My voete loop nie spore in nommer 9 velskoene nie. Hier is nie 'n skaap of 'n bees of 'n bok of 'n gousblom of 'n jukskei of 'n sakdoek of 'n knipmes in die broeksak nie.
Al wat ek het en alles wat ek nodig het, is die God van Abraham, Isak, Jakob en John. Hy wat vir altyd dieselfde bly oor geslagte heen. Dankie, Pappa, vir 'n nalatenskap wat baie langer as 10 jaar gaan hou. Dankie, Jesus.

Thursday, 29 November 2012
Mikpunt bereik. Tiek! :-)
Ek het die vorige aand gewonder of Riaan Cruywagen se laaste nuusboeletin regtig nuuswaardig genoeg is om 'n halfuur studietyd daaraan af te staan. My gevolgtrekking was dat daar in die lewe min genoeg sulke oomblikke is en dat ek maar die opoffering kon maak. Toe ek boonop hoor dat daar nog 'n ekstra program net na die nuus is, was ek selfs bereid om die verdere opoffering te maak en ook dit te kyk.
Die studietyd waarvan ek praat was noodsaaklik vir my laaste toelatingseksamen-mondeling wat ek ook per genade gekry het. Boedels en Testamente. Heel ironies was dit juis erfreg wat my in die eerste plek na die regswese gelok het(dis 'n storie vir 'n ander keer). In ons verpligte LEAD klasse was een van my gunsteling dosente ook die een wat Boedels en Testamente aangebied het. So, ek moes eintlik hierdie vraestel 'n ding of twee gewys het. Dalk was ek te optimisties toe ek besluit het om drie toelatingseksamens met een slag te skryf of dalk was dit maar net my paadjie wat ek moes loop om weereens bietjie nader aan God te kom. Toe kry ek die genade-mondeling.
Voordat ek geweet het van die uitslae het ek in my stiltetyd gewonder of ek maar vir God moet vra of hy nie bietjie "magic" vir my sal stuur nie(want kyk, dit het NIE goed gegaan met die eksamens nie). Hy is immers by magte om selfs vir my antwoorde in te vul of die eksaminator blind te maak vir my foute of watookal. (Jy weet jy het ook al vir so iets gebid.) Iewers in die stiltetyd reis het ek begin wonder wat die goed daarvan sal wees as ek my "magic" kry. Sal my kliënte enigsins baat daarby dat ek nie die kennis het nie? Sou dit vir myself enige waarde toevoeg? My gebed het verander na 'n gebed van "help my om watookal gebeur te hanteer". En dit was so...
Dear Ms Kennedy, Your results for the Adm. exam... Toe daai sms kom het ek omtrent hartkloppings gekry en amper besluit om nie te gaan draf nie. Ek het nie Etiek gepluk soos ek gedink het nie, maar dit mooi deurgekom. Ek het Howe, soos te wagte, ook deurgekom en dan was daar die genade-her vir Boedels en Testamente. Ek het wel gaan draf...met dankbaarheid in my hart.
Die plan van aksie was om maar net weer alles te leer, meer te onthou, beter te verstaan en dan daai mondeling te PRAAT. Iewers in my lewe het ek mos met Moses begin identifiseer en geglo dat ek nie 'n goeie prater is nie. Hierdie leuen het ook nie juis gehelp nie. Wat wel gehelp het, is om op my knieë in afhanklikheid te bly.
My mondeling was geskeduleer vir 09h30. Ek is ingeroep om 09h20 en om 09h31 het ek vir my prinsipaal haar boodskap van die eksaminatore gegee. "Sê vir jou prinsipaal jy het 'n goeie mondeling gehad. Jy kan nou toegelaat word." In 'n mate wil ek die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades 'n bietjie krediet gee, want die noem daarvan het die twee eksaminatore baie beindruk, maar kom ons wees nou maar eerlik - al die eer kom die Here toe. Mag daar ook groot eer wees in my prokureurswese in die toekoms. Soos my Boedels dosent gesê het: "Integrity is a non-negotiable commodity." Waarheid is waarheid en hierdie waarheid wil ek in my beroep sien.
EK IS 'N KANDIDAAT PROKUREUR WAT OOR 'N PAAR MAANDE TOEGELAAT KAN WORD AS 'N REGTE PROKUREUR! MIKPUNT BEREIK. TIEK! PRYS DIE HERE! :-)

Sunday, 14 October 2012
Gun my die nostalgie
My tannie het eendag vir my gesê dat die rouproses werk soos 'n ovaalvormige baan. Rou is in die middel van die ovaal en die persoon wat deur die rouproses gaan is op die ovaalbaan en beweeg al in die ronde. Op die verste punte is die persoon wat deur rou gaan ooglopend besig om mooi deur die ding te werk en gaan dit baie goed. Op die nader dele is die rou weer tasbaar en seer en voel dit amper vir die persoon of die rou nooit weggaan nie...
Ek dink nie die seer gaan ooit weg nie. Ek dink dis nooit weer so ROU soos aan die begin nie, maar dit bly tog daar. Nie dat dit die persoon definieer nie, maar dit wag vir 'n sneller-moment. Die venus-vlieëvanger het ook 'n sneller-moment wat gebeur wanneer iets aan sy haartjies raak. Dan skiet taai twee blare toe en dit wat binne-in is word stadigaan verteer.
Vandag praat ek en my ma en tannie so oor my doop as babatjie en dis daai sneller-moment. Ek sien weer die foto. Nogal 'n skewe foto. Skeef geneem om dit seker maar ouliker te maak. My pa en ek in my dooprokkie en hy hou sy arm so dat dit my rug en nek mooi ondersteun. Ek moes koes om die trane te keer en het verseker nie die stem gehad om hulle te vertel waaraan ek dink nie. Vir my het daardie foto nog altyd my pa se beskerming en liefde uitgebeeld.
Ek het nog 'n sneller-moment gehad toe die dominee gesels het oor ons almal wat hierdie tyd van die jaar so moeg is. Ons is besig en word nie stil nie. Ons het sonde wat ons ver van God laat voel. Dit het my laat dink aan die plek waar ek nog altyd die veiligste gevoel het. Ons mooiste plaas in die binneste van Namakwaland en gegiet tussen granietkoppies. Gun my die nostalgie...
Daar het ons as volledige gesin van ses gereeld op die stoep gesit en gesels. Elkeen iewers op 'n sement stukkie en dalk 'n skaaphond of twee wat bedel vir aandag. My pa sou daar sit op die trappies met sy arm om my ma en dan die een of ander diep gesprek aan die gang sit. Soos die gesprek vorder sou ons na voëls luister, die son sien ondergaan en sterre een vir een hul verskyning sien maak. Dit was nie nodig om die ligte aan te sit nie, want wat ons daar gehad het was heeltemal genoeg. 'n Gesin van ses, waar die ouers lief was vir mekaar en elke kind sy of haar eie, uniekheid gegun was.
Ja, dit het nie vir ewig gehou nie. My pa is hemel toe. Te vroeg na my sin, en sekerlik te vroeg vir almal in my gesin. Ons het ons anker verloor.
Ek het wel nie my herinneringe verloor nie en in daardie tyd God se nabyheid en sorg en voorsiening die naaste beleef. Ek het, soos baie ander, gegroei uit my pyn. Maar in dae soos vandag, gun my die nostalgiie, verlang ek na daardie man.
Hy en my ma het my geleer van God soos hulle beloof het daardie dag met my doop. Ons het in die aande saam as gesin Bybelstudie gedoen en met my nagsoen het hy altyd met sy dag-oud baard in my nek geskuur en klavier gespeel op my ribbebene. Hy het vir my vertel dat ek mooi is en my leer wals. Deur sy stories van vroeër en deur sy leefwyse het hy vir my 'n goeie, goeie voorbeeld gestel. Hy het ons vasgevat as dit nodig was (en glo my, dit was nodig!).
Ek wil hom nog hier hê. Ek dink aan hom met troues as my vriendinne se pa's saam met hulle die kerk inkom. Ek verlang na hom langs my ma. Gun my die nostalgie.
Ek dank die Here dat Hy my ewige Pa is en dat my aardse pa my gehelp het om Hom beter te verstaan. Ek leer nou by Hom dat ek mooi is en hoe om saam met Hom te dans. Ek probeer om my lewensbesluite deur Hom te laat inspireer. Die Here het gegee en die Here het geneem en die Here sorg nogsteeds. Prys die Naam van die Allerhoogste God!

Friday, 28 September 2012
Dit was die tweede dag...
Ek glo nie ek sal elke dag oor my drafdinge skryf nie, maar dis darem nou vir my so lekker om weer terug te dink aan my studentedae se draffies. Ek het so met die laat middag wat room word gaan draf en dan die sonstrale deur die akkerbome waardeer en die ander drawwers en stappers wat mens later ook ken en elke keer op dieselfde straathoek of by dieselfde sirkel gekry het.
Ek onthou die een man wat my regtig opgeval het. Ek het hom opgemerk toe hy begin het om te stap - ai, ietwat oorgewig en sukkelend en met so 'n hangkoppie. Stadig maar seker het hy begin glimlag en maande later was hy nie meer 'n stapper-sukkelaar nie, maar 'n doring-drawwer.
Toe ek vandag dieselfde roete draf as gister en die wind my opdraend gee teen die afdraend het ek weer aan hierdie suksesverhaal gedink. Dit gaan mos nie oor hoe vinnig mens draf nie - dit gaan oor DAT jy draf. :) My tyd vir dieselfde roete was toe 10 sekondes swakker. O jitte, kom ons gee maar die wind die skuld. Wie weet, dalk waai die wind wanneer ek my 56km van glorie draf volgende jaar...en dan het ek darem al vandag besluit ek sal nie skrik nie.

Thursday, 27 September 2012
Two Oceans Oefening vir dwase - Dag 1
Jy moet 'n dwaas wees as jy beoog om die Two Oceans Ultra Marathon te draf...
Nou vat ek darem my ouboet lelik in die gesig. Hy was maar 18 toe hy, net nadat hy van 'n baie ernstige motorongeluk se beserings herstel het, weer begin oefen het om homself gereed te kry vir ons skool se kleure atletiek en dit nogal vir die 3000m (wat gewoonlik in die hitte van die dag gedraf is, moet ek sê en ons praat nou hier van Springbok-hitte in Januarie...dis NIE vir sissies nie).
Ek weet nie presies wanneer hy begin marathonne doen het nie, maar daai vasberade oefening het my bygebly en tot 'n mate bygedra tot my eie (dwase?) besluit om te begin oefen vir volgende jaar se Two Oceans Ultra Marathon(56km). Dit was 'n vriendin van 'n vriend wat met die ongelooflike voorstel gekom het by ons weergawe van Nasionale Braaidag. Sy sal die een wees wat ek verkwalik wanneer dit swaar gaan. :)
Ek het al my deel gedoen vir Two Oceans Halfmarathonne - ook deur ouboet aangehits. Ons het byvoorbeeld 'n meningsverskil oor die jaar toe die Two Oceans op my verjaardag was. Ek het, volgens myself, toe vooraf onderneem om die ekstra 900m te draf sodat ek dan 22km draf op die 22ste Maart. Ouboet, weer, hou voet by stuk ek het gesê ek sou die 56km doen omdat dit dan nou so 'n spesiale dag was. Ons het besluit om ooreen te kom om te verskil...
Ouboet weet nou nog nie van my dwase besluit nie. Hy het self nogal lanklaas die drafding voltyds gedoen omdat hy so 'n hardwerkende Namakwalandse boer is. Dalk kan ons bietjie rolle ruil en ek HOM oortuig om saam te hardloop.
In elk geval, bekkige boklammetjie is nie SO seker van haar saak nie. Oceans voorbereiding is hard en vat uithouvermoë. Ek het vandag begin en my eerste draffie gedoen. 5km in 29 minute en 29 sekondes. Nie dat tyd belangrik is nie, maar ek het nie gestap nie en dit IS 5km. So, dit wil vir my voorkom asof ek nogal opgewek gehardloop het en dis 'n goeie ding. Ek kan nie hier, op dag 1, al sukkel met entoesiasme nie - ek het 'n doelwit om te bereik...ter ere van die God wat my in my moederskoot gevorm het en sommer ook vir die ouboet wat Hy my mee geseën het. Kom ons gaan!

Subscribe to:
Posts (Atom)