As ek so moeg-moeg en met half-toe oë in my bedjie klim en myself verdrink in die duvet, dan onthou ek met 'n glimlag my kamermaat van universiteitsdae se woorde: "Aaaah, dit voel nou net so reg! Nou is ek gelukkig!". Gewoonlik was dit ook na 'n lang swot-sessie of 'n dag se harde akademiese werk. Ek onthou hoe my ligpers beddegoed met die silwer sirkeltjies op vir my 'n simbool van "accomplishment" geword het. Ek kon nie daarin klim as ek nie die dag se swottings afgehandel het nie.
Dis okay as jy soms baie uitsien na daai slapie. Dis selfs okay dat jy soms bietjie vroeër as die "normale" (wie het in elk geval besluit wat is normaal?) mens van jou ouderdom, geslag, ambag of kultuur gaan slaap. Slaap is goed vir jou!
Dis nou gegewe die feit dat jy dan nou nie onrustige drome droom nie. Ag aarde, ek was alweer gisteraand swanger (uit simpatie met die artikel in die Finesse wat ek gelees het oor ongehude 15-jarige meisies)! Jy kan selfs daardie tipe drome droom, solank jy net verfris uit jou bed kan opstaan!
Ek is vreeslik jaloers op my suster wat in haar polisiedae met die moeilike ure, 'n skakelaar gekry het waarmee sy slaap kan aan- en afsit! Dis iets om te beleef! Maar, outjies, vanaand gaan ek nie sukkel met 'n geslapery nie. Die feit dat ek nog hier tik, is eintlik klaar verbasend. Dis nou net eers 'n lekker gebed en dan sal my moegheid my kom haal. Lekker slaap!
Beautiful Boklammetjie
Monday, 30 May 2011
Slaap

Sunday, 29 May 2011
another one bites the dust!
Dit was vandag so 'n heerlike Sondag. Rustig en goed. Uiteindelik kon ek verlore slaap inhaal en kort voor 09:00 opstaan om RSG-kerk uit Witbank te luister. Dit was so kosbaar toe die eerste liedjie een van my gunstelinge, In die Hemel is die Heer, was. Veral gesien in die lig daarvan dat ek nie kon kerk toe gaan nie omdat my (eintlik die werk se) motor siek by die dokter is. Kerk was toe baie lekker. Die res van die dag ook, maar die lekkerste was my lekker laaaaang Bybelstudie-sessie.
Ek het besluit om Hooglied te lees, in Afrikaans en Engels. Dit fassineer my dat twee mense sulke mooi dinge van mekaar kan skryf. Ek is maar so bietjie soos my pa. Ons het elke aand Bybel gelees, maar wanneer Spreuke afgesluit is met die hoofstuk oor die wonderlike Spreuke 31 vrou, het ons sommer gespring na Jesaja. Hy het gesê ons kan dit op ons eie gaan lees. So, ek gaan nou nie ongemaklike paragrawe aanhaal nie. "Jy kan dit op jou eie gaan lees.". Tog hoop ek dat my oë ook eendag vir iemand soos duiwe sal wees. Dit kan ne lekker wees. Tog is die een ding wat my bybly, en wat ek in my belydenisjaar aanmekaar onderstreep het, dat mens nie die liefde moet wakker maak wanneer die tyd daarvoor nog nie reg is nie.
Dis nogal ironies dat een van my dierbare vriendinne juis vandag 'n kêrel ryker geword het en dit nogal op haar verjaardag! Ek moes seker snuf in die neus gekry het toe sy vir my bel hier laterig in die aand. So het haar tyd vir die liefde aangebreek en dit klink asof die tyd daarvoor reg is. Sy is so 'n spesiale mensie. Ek dink Spreuke 31 beskryf haar grootliks. Alles wat mooi is vir hulle verhouding. Dis nou (dalk nog) nie trouklokkies nie, maar hierdie uitganery is tog ook baie belangrik. Jong liefde! There's nothing like it. Jip, ek dink nie so nie, want daar lë my vriendin op haar wolkie en bel almal om te vertel sy het vandag 'n kêrel vir haar verjaardag gekry!

Saturday, 28 May 2011
Bibber-winter!
Ek is nou weer innig danbaar dat Blogger, my blog-fasiliteerder, 'n slag van my foon af laai! Ek mis dit sommer om hier te skribbel, en dit in die heerlike warmte van my bed. Pretoria is besig om ysig koud te word en my weerstand teen die koop van duur kettingwinkel-jasse af te breek! Die koue kruip in by my nek en vang my neus! So, dis nou tyd vir serpe en lae en lae klere. Gisteroggend het ek amper my vingers verloor so teen die koue stuurwiel!
Toe dink ek weer aan die dae van skelm hand-vashou op skool. Ek en my eerste (en tot op hede enigste) kêrel het so sy-aan-sy gestaan en hande vasgehou in een van ons se baadjie(blazer)sak. Op ons kerk se uitreik, Trap der Jeug, het ons span soms ook sulke lekker warm bondeltjies mense gemaak. Jinne, dit was lekker om die een in die middel te wees! Laasnaweek het ek en drie vriende net so lekker gepantser teen die koue deur hand-om-die-lyf te "pose" vir 'n foto. Mmm, het Dawid dan nie vir hom 'n jong vrou op sy oudag gekry om hom warm te hou nie? Kontroversie!
Gisteraand kom kuier my suster vir my en slaap die aand oor. Oudergewoonte, en omdat ek nie 'n oog toemaak wanneer iemand saam met my in die bed slaap nie (ek bekommer my dat my rondrollery die ander persoon sal wakker hou), maak ek vir haar 'n matrassie in die sitkamer reg. Nee wat, sê sy, vanaand moet jy maar jou "issue" sluk, want ek slaap by jou! Dis kwansuis darem te koud! Haai, julle, en was ek darem nou dankbaar vir my suster se ruggie toe daai koue ons begin slaan! Jy sal nie glo nie - ek het so lekker geslaap! Watse lepellê - rug-aan-rug werk net so goed! :)
Vanaand sal ek nou my eie hitte moet vind, nugter weet waar! Ek oorweeg om myself in die massiewe dubbelbed-duvet te kokon-rol en natuurlik, dik sokkies vir daai verste liggaamshoekies wat soms nie gehaal word met die bloedsomloop nie.
Ek weet nie wat jou slaapgewoontes is nie, maar ek hoop jy het genoeg komberse en kouse em serpe en warm sjokolade om van hierdie winter 'n snoesige herinnering te maak. En wees tog maar spaarsamig met die elektriese toebehore. Warm persoonlikhede en hardloop op een plek! En lê stil, want jy wil nie omdraai en vind dat die nuwe oppervlak yskoud is nie - so gaan kosbare warmte verlore!

Wednesday, 25 May 2011
Jy is jy en niemand anders kan dit wees nie
Ek weet nie of jy al 'n moeilike legkaart gebou het en dan, waneer jy die laaste stukkie wil insit, pas hy nie daar in nie. Jy kan hom maar draai en draai en draai, maar hy hoort nie daar nie. Hy het 'n ander plekkie waar hy moet wees, maar hoe om daai plekkie te kry, dis die vraag!
Dalk voel jy ook soos daai stukkie. Ander mense het jou probeer inpas en uitpluis, maar kry jou nie geplaas nie. Dan praat ek nie eens van jouself wat nie kan snap waar jy hoort nie. Meer spesifiek praat ek van jou plekkie in die gesin...
Ek het nou die dag groot, diep hartsake met my tannie gaan praat en sy sê my toe 'n waar ding. Die Here plaas mens in 'n spesifieke gesin MET 'N DOEL. As jy dan nou die "ander" een is, dan is jy ook nodig. En glo my mooi, jy is nie die enigste een wat dink jy is die anderster een nie. Ek het al baie keer, op grond van wat ander oor my sê, myself in hul boksie gaan sit. Groot nuus is, jy het beheer oor jou boksie. Om die waarheid te sê jy het nie die boksie nodig nie, want daar is oorgenoeg tyd en ruimte vir verandering en ontwikkeling.
Hoe klink hierdie: jy is 'n INFJ in Myers Briggs en daarom sal jy so en so optree in so en so situasie. Of - jou pa was ook so! Of - Hy is te 'n goeie mens, hy sal dit nooit doen nie (en dan wou jy eintlik, of jy dink nie dis so 'n uitgemaakte saak nie). Maar my grootste probleem is eintlik nie wat mense van my sê nie (hoewel dit ook 'n probleem is). Dis eerder hoe ek myself as gevolg daarvan in my kop beperk.
So, kom ons leer nou almal saam dat net die eie ek kan bepaal wie en wat elkeen is. God maak ons uniek met gawes en talente en ons bou elkeen ons eie foute. Ander het jou nodig vir wie JY is en wat JY kan beteken. Jou manier van praat oor 'n gevoelige onderwerp werk dalk beter as iemand anders s'n, selfs al weet jy mense ervaar jou as baie diep en ernstig. Die teenoorgestelde kan ook waar wees. Jy is dalk nodig om iemand se moraal te lig, al dink ander mense dalk jy kan nie ernstig wees nie. Jy sal jou plekkie raaksien. God gee jou vlerke!
En nog 'n ding: hoekom kan ons na die mooiste sonsondergang kyk en vrede ervaar oor God se skepping, maar na onsself in die spieël kyk en nie daardie selfde tevredenheid ervaar nie? Jy is die kroon van God se skepping! Laat dit so wees: every creature unique in the song that it sings! Blommetjie, bytjie, JY'TJIE! :)

Sunday, 22 May 2011
Dankbaar
Ek is dankbaar vir Mango lugdiens se vliegkaartjie specials en die vlieënier wat mooi kan vlieg. Ek is dankbaar vir twee vriende wat geleenthede raaksien en dit met albei hande aangryp. Ek is dankbaar vir Facebook en hoe dit my en my vriendin help om 'n naweek te beplan. Ek is dankbaar vir opgewondenheid.
Ek is dankbaar vir die werk wat my 'n motor leen en dat ek geld verdien om petrol daarin te gooi. Ek is dankbaar dat petrol in 'n motor se tenk jou na plekke kan neem. Ek is dankbaar dat daar plekke is waarheen mens wil gaan. Ek is dankbaar vir Engen se garage en buns met kaas, tamatie, komkommer, koue vleis en vrugte. Ek is dankbaar vir kamera's.
Ek is dankbaar vir paaie, al het hulle slaggate in. Ek is dankbaar vir veilige bewaring op paaie.
Ek is dankbaar vir Potchefstroom se kampus en dat 'n goeie vriendin daar kan swot (die wêreld sal ook nog dankbaar wees sodra sy daardie kennis begin terugploeg). Ek is dankbaar vir Afrikaanse musiek en dansplekke en die "Wille olifant". Ek is dankbaar vir studente-afslag. Ek is dankbaar dat verskillende ouens verskillende style dans. Ek is dankbaar vir be-there-jokes.
Ek is dankbaar vir die bordspeletjie, Settlers of Catan en vir sy uitbreiding, Cities and Knights. Ek is dankbaar vir 'n vriendin se gawe gesin wat hul huis vir ons laat oopstaan. Ek is dankbaar vir staproetes met rooibokkies, veld en 'n uitsig. Ek is dankbaar vir diep gesprekke en 'n braaivleisvuur. Ek is dankbaar vir kampplekke se swembaddens en bom en duik daarin. Ek is dankbaar vir swak grondpaaie en geo-caches wat nie gevind word nie. Ek is dankbaar vir die turksvy in die plek van geo-caches. Ek is dankbaar vir die interessantheid van 'n spinnekopweb.
Ek is dankbaar vir koffie en koek en kielie-speletjies. Ek is dankbaar vir moeilike boublokkies en om te sien hoe ander dit geniet. Ek is dankbaar vir verloor in 30 Seconds, maar nog meer vir lag oor verkeerde verduidelikings en antwoorde. Ek is dankbaar vir 01h00 in die oggend gaan slaap en vir die volgende oggend se alarm. Ek is dankbaar vir kos, maar nog meer vir energie. Ek is dankbaar dat ek vriende het wat kitaar kan speel en daarmee praise and worship. Ek is dankbaar vir die Vaalrivier se vertel van ons Vader se Skeppershand en Hadida's se raas.
Ek is dankbaar vir Stiltetyd en God se stem. Ek is dankbaar vir gebed en die geleentheid om met God te praat. Ek is dankbaar vir lewe en dankbaar vir wees.
Ek is dankbaar vir kosmaak en nog meer as dit wanneer dit lekker smaak. Ek is dankbaar vir intellektuele gesprekke en vir nonsens praat. Ek is dankbaar vir roomys en koffie en tee. Ek is dankbaar vir sagte matte en kussings en komberse.
Ek is dankbaar dat ek 'n wonderlike naweek met drie fantastiese vriende kon spandeeer. Ek is dankbaar vir hoe ons mekaar bemoedig, lewe in mekaar se lewens spreek en ons wêrelde met mekaar kon deel. Ek is dankbaar vir die sagte kyk in my liewe vriendin se oë wanneer sy kyk hoe my vriende kitaar speel en sing. Ek is dankbaar vir my vriend se toe-mond glimlag. Ek is dankbaar vir die ander een se oopmond-lag. Ek is dankbaar vir elkeen se uniekheid.
Ek is dankbaar vir totsiens-drukkies (en drukkies oor die algemeen). Ek is minder dankbaar vir die knop in my keel en die lastige traan in my oog op die lughawe as ek alleen terugstap motor toe. Maar dan...dan word ek weer dankbaar dat God my beste Vriend is en dat ek met hom oor my knop en my traan kan praat en dat Hy altyd, altyd daar is. Ek is dankbaar...

Monday, 16 May 2011
17 Mei 1951, 60 jaar later
In 'n boere-bazaar preek het ons dominee een keer gesê dat ons moet onthou dat ons geliefdes, dié mense wat die heel naaste aan ons is, nie aan onsself behoort nie, maar aan God. Hulle is in die eerste plek Syne en in die tweede plek 'n geskenk van Hom aan ons. En ek moet sê dat ek dit so maklik vergeet. Hulle is tog baie veiliger in ons Hemelse Vader se hande as in myne!
Môre word my lewegewer, my ma, 'n ryp 60 jaar oud. Dit was nie die maklikste 60 jaar wat ek my kan indink nie en tog, weet ek, dat God daardie 60 jaar van haar lewe in Sy hand hou en elke glimlag en traan van haar koester. Daar sal nie 'n haar (wat al hoe meer grys word) van haar kop af laat val, sonder dat Hy daarvan weet nie. Daar sal nie 'n woord aan haar gesê word wat Hy nie hoor nie. En Hy sal weet wanneer iemand iets goeds vir haar doen.
My ma het een van die sagste harte waarvan ek weet - sy word van die kleinste dingetjie gelukkig en ook van die kleinste dingetjie ongelukkig. Sy is ook sterk! Sy lag so maklik met haar lagplooi-glimlag. Sy het haar eie manier van liefde gee - ek kan dit nie eens beskryf nie, maar moenie 'n fout maak (soos ek al baie in my lewe gefouteer het) oor die feit dat dit wel bestaan nie. My ma het nie iets slegs van enige iemand te sê nie en sal altyd ander bo harself stel. Wat 'n voorbeeld!
My wens vir haar lewe vorentoe is dat sy waardeer sal word, lank gespaar sal bly, God se liefde sal ervaar, vreugde uit die lewe, 'n selfbesef dat sy kosbaar is en genoeg selfvertroue om elke dag te pak. Mag die beste jare nog voorlê, Mamma!

Subscribe to:
Posts (Atom)