Beautiful Boklammetjie

Beautiful Boklammetjie

Thursday, 11 August 2011

Lukraak

Mens kry darem anderster mense. So moet ek soms dokumente aflaai by mense se huis. Ek het nog nooit die mense van die huis ontmoet nie, maar ek ry al die pad soontoe toe-oë. Die omgewing interesseer my omdat daar worshondjies is en tieners met laag-hang broeke en 'n kerk en strate met name soos Graniet en Sandsteen en Dakota en Vampire...en so aan. Ek het selfs al die mooiste hamerkopvoël daar gesien rondpik en -knik. Dis 'n normale woonbuurt (as daar regtig so iets bestaan).

Die huis se binnekant is verborge vir ons, maar die buitekant waardeer ek veral vir die brawe Basset met sy lang ore wat my ore van my lyf af blaf. Dit help ook nie om persoonlikheid te wys en vriendelik te wees en te "Ounooi se honne" nie. Hy is die baas van die agterjaard en hy sê dit!

Met al die besoeke aan die erf wie se eienaars ek nie ken nie, kry ek wel te doene met die bediende. Bediende 1 is, dink ek, gefire, want die laaste twee kere is daar 'n nuwe vroutjie. Ek begin wonder wat aangaan daarso, want vandag kom sy daar uit met blou goeters in haar hare. Nee, nie krullers nie! Ek praat van haarkleursel wat nog nie oor die hele kop gevryf is nie. Dis snaaks! :)

Ek wens soms ek kan so random wees. Dan onthou ek weer dat ek Leon Schuster se hele Gautful in Paradise CD ken en ook sy Hoppitie Skoppetie Rugbybal en ander dergelike liedjies. O jitte, mense. Ek dink ons sit met 'n klomp "randoms"! Geniet die "randoms" in jou lewe en geniet dit om 'n "random" te wees. Die lewe is te kort!

1 comment:

  1. Ek stem 100% saam, alhoewel random wees soms 'n prys het: nie alle non-random mense waardeer dit altyd nie. Vat ons gemeenskaplike boesemvriend se instelling teenoor badgerbadgerbadger en Charlie the Unicorn. Maar in Lillabet se woorde:
    Normaal is maar net 'n setting op 'n wasmasjien.

    Laat die random-ness kom. Dis een van die goed wat ek soveel soveel waardeer in Marelize: al weet sy ons keer sommige van haar musieksmake nie goed nie, verlustig sy haarself steeds daarin. Om daai musiek te laat blêr uit jou kar ten spyte van ander se weersin is 'n wonderlike celebration van jouself, jou individualiteit en ons vryheid!

    ReplyDelete